KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 3 December 2011

TUISGEMEENTE- WES KAAP/HOME CONGREGATION- WESTERN CAPE


Geagte Boere vriende-

Daar is 'n groot behoefte aan 'n lekker tuis gemeente in die Wes Kaap omgewing soos hier-onder genoem. Omrede baie van ons Boere lede nie meer in meeste  van die hedendaagse Belhar-drog kerke se dogmatiek belang stel nie- het die behoefte om tuisgemeentes te stig- al hoe meer by die volk ontstaan as gevolg van die totale aanslag op ons geloof deur die kommunistiese heersers in ons skole en die wereldse kerke.

Ons volk se nageslag verloor waadevolle geestelike opleiding omrede die volwassenes self nie meer YAHWEH se verordeninge onderhou en bywoon nie.Lucifer het sover uitstekend in sy doel geslaag om sedert 1994- die Almagtige se volgelinge van Hom te marginaliseer en deur verwronge afge-forseerde leuns en "wette"-  die volk afvallig te maak en op 'n heidinse dwaalspoor te plaas.

Tuisgemeentes is dus die enigste antwoord om weer die suiwerheid van die Woord terug te bring- en so ons volk weer hulle egte waardes in YAHWEH te bevestig. So sal alle heidinse gebruike - wat die vakuum gevul het waar die kommuniste die Christelike waardes vernietig het- weer verdryf word uit ons volk.

Die tuisgemeente sal dus geen "kerk" of dominansie verteenwoordig nie- maar sal slegs uit die mees betroubare weergawe van die Woord mekaar onderrig. Hierdeur poog die sameroepers om 'n groot groep belangstellendes in 'n regte familie atmosfeer bymekaar te bring- en so 'n hegter band te smee tussen ons mense- asook om 'n meer ontspanne en sosiale bediening van die Woord op 'n meer informele basis aan te bied wat deur almal geniet en gewaardeer kan word.

Natuurlik is ons jeug ook van baie belang om in die groep betrek te kan word.Ons maak dus 'n beroep op u om ons te kontak- en die boodskap dan ook vir soveel belangstellendes moontlik te verkondig. Die uitdra van die Woord van God het nog nooit so belangrik voorgekom soos juis nou nie. Kom skakel in by die groep- en herontdek weer die ou-ou gesellige manier van YAHWEH  te eer as 'n Boere familie om 'n koppie tee. Geen sg. "ledegelde" is betrokke nie- slegs siels verbintenisse.

Alle belangstellendes kan die onderstaande brief lees- en die kontakpersoon soos gemeld- asb laat weet.


Aandag: Alle lede in die Wes-Kaap-Kaapstad:( Durbanville, Kraaifontein, Brackenfell, et al omgewing).


Dit is 'n hartsbegeerte om 'n huisgemeente te stig van einde Januarie 2012 af. Voordat  dit gelanseer kan word, moet daar eers informasie ingesamel word tov hoeveel belangstellendes daar is. Die grootte van belangstelling sal dan verdere logistieke beplanning bepaal. Al wat daar dus van belangstellendes vereis word- sluit dievolgende gegewens in:

Naam, email en telefoonnommer.

Hierdie informasie sal streng privaat en vertroulik gehou word-  en nie uitgedeel word aan enige persoon nie. Dit is bloot om te sien hoe ver die belangstelling sou strek en indien nodig-  om verdere informasie te kan verwerk en beplanning aan te pas.

U kan in verbinding tree met dievolgende kontak persoon:


 Bea Claassen

Email: beaclaassen@gmail.com


Voel asb vry om ter eniger tyd u navrae oor die onderwerp aan bg. e-pos adres te stuur.