KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Saturday, 10 December 2011

DIE GELOFTE.



Dit val op hoe in ons dae, waar die Amerikaanse liberale denke so 'n groot
 invloed het, die verlede as die verkeerde beskou word of anders as volkome
 waardeloos. Daarom word die geskiedenis, die verhaal van gister en eergister
, nie meer belangrik geag nie en word ons aangespoor om alles wat agter Iê
, so gou as moontlik te vergeet ..... behalwe ‘n paar gebeure wat die
 Amerikaners groot laat skrik het, soos "apartheid" en daarmee saam die
 moontlikheid dat hulle toegang tot die minerale rykdom van Suid·Afrika
 afgesny sou word. Dit vergeet hulle nie sommer nie en hulle gaan nog steeds
 daaroor te kere soos spreeus in 'n kweperlaning.




Almal wat egter die vermoë het om ewewigtig terug te kyk na gister en
 eergister, besef dat die geskiedenis 'n uitstekende leerskool is. Daarom sê
 die apostel Paulus in sy eerste skrywe aan die gemeente in Korinte. nadat hy
 iets van die geskiedenis van die ou volk vertel het : "Hierdie dinge het oor hulle
 gekom as 'n voorbeeld vir ons en is opgeskryf vir ons wat die einde van die tye
 beleef. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie




Ons gedenk vandag die feit dat op 9 Desember 1838, die Voortrekkerkommando
 onder die bevel van Andries Pretorius by die Wasbankrivier  'n Gelofte afgelê het. 
 Daardie Gelofte het meer as een maal 'n belangrike rol in ons geskiedenis gespeel.
 Selfs vandag het daardie Gelofte nog 'n betekenis. Die Afrikaner wat homself as 'n
 erfgenaam van die Voortrekkers beskou, het as gevolg van die Gelofte tot vandag
 toe 'n wettige skuld voor God. Ons het 'n plig om Hom op Geloftedag te dank en te
 eer,




Daar, by die Wasbankrivier, het die Voortrekkers belowe, soos Jan Bantjes,
 die sekretaris van Andries Pretorius dit opgeteken het: “…Dat wij den dag de
r overwinning in een boek zullen aantekenen, om dese overwinning bekend te
 maken, zelfs aan onze laatste nageslachten opdat het tot Eere van God
 gevierd mag worden .... "
Daarom kom ons Afrikaners elke 16 Desember by mekaar  om uit
 dankbaarheid vir daardie uitredding, op daardie dag God te vereer. Of mens
 kan dit ook so sê : om as die erfgename van die Voortrekkers ons "wettige
 skuld aan God" te betaal.




As mens nou gaan kyk wat die Voorlrekker-gemeenskap, wat deur die
 uitredding by Bloedrivier behoue gebly het, met die Gelofte gemaak het,
 dan sien ons dat hulle inderdaad in 1841 die Geloftekerk, wat in
 Pietermaritzburg gebou is, ingewy het. Daarby het hulle die Voortrekkerland,
 soos dit in die Retief-Dingaan Traktaat omskryf is, in besit geneem en begin
 ontwikkel. Maar, na die anneksasie van Natal deur Engeland in die jaar 1842
, het die meeste van hulle uit Natal weggetrek .... en het die onderhouding van
 die Gelofte byna vergete geraak. Sarel Cilliers en enkele ander Voortrekkers
 het jaarliks die Gelofte gedenk. Maar daar was nie 'n algemene herdenking nie.




In 1891 het president Paul Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek op
 Paardekraal die latere geskiedenis van die Gelofte so vertel: 
 "Gedurende die jare .... Is die plegtige Gelofte ... weer uit die oog verloor.
 Dit is ... nie meer beskou as 'n dierbare skat van vryheid wat deur die hand
 van God geskenk is nie. Die Gelofte is nie trou volbring nie ... waaroor daar
 donker dae oor ons gekom het, sodat ons, toe God ons weer die vryheid in
 1881 gegee het, die vryheid dierbaar sou ag en sou erken dat ons sterkte
 alleen in God is. Hier op Paardekraal, toe ons in benoudheid verkeer het
, het elkeen. sonder dat die leiers daartoe 'n bevel gegee het, elkeen 'n klip
 opgetel en dit op hierdie plek gegooi as  gedenkteken tussen ons en die Here.




 Daarmee is die Gelofte ... hier hernuwe. Kyk weer, God se bestier, sy almag
 en wysheid.".
So het vanaf die oorwinnings van die oorlog van 1880 - 1881 wat gelei  het to
t die herstel van die ou Republiek, die onderhouding van Geloftedag  ‘n 
 algemene gebruik  geword.  Vandag is dit al 'n tradisie. Dit is selfs  so
 sterk dat oral in die wêreld waar daar Afrikaners is, kom  hulle op
 Geloftedag by mekaar om ons volk se wettige skuld aan die Here God
 te betaal. Dieselfde gebeur ook hier in ons land van die Kaap tot aan die
 Limpopo. Want ons weet en ons  glo dat ons dit aan God verskuldig is om
 Hom te dank en te eer vir die uitredding by Bloedrivier. Daarby besef ons
 ook opnuut, dat ons volk se hede en toekoms in die hand van God is .