KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 15 December 2011

VOLKSEIE ONDERWYS N NOODSAAKLIKHEID.



Die Johannesburgse hooggeregshof het beslis dat net die Onderwysdepartement
 die reg het om oor die maksimum aantal leerlinge wat skole mag inneem, te
 besluit. Die finale seggenskap lê dus nie meer by skole se beheerliggame
 wat hoofsaaklik uit ouers bestaan nie. Volgens regter Boissie Mbha moet
 daar ‘n einde kom aan skole se rasgedrewe toelatingsbeleid, veral in die
 tradisionele blanke gebiede. Ouers het dus nie meer ‘n onvervreembare
 reg om oor hulle kinders se opvoeding te besluit nie, al betaal hulle
 dikwels uit hulle eie sak vir bykomende personeel en klaskamers.





Die beheerliggam van die Rivonia-laerskool in Sandton het die plaaslike

 Onderwysdepartement hof toe geneem nadat die skool gedwing is om
 ‘n Graad- een-leerling in te skryf terwyl die maksimum getal leerlinge van
 120 vir dié graad reeds bereik is.  Die ma van die kind het beswaar gemaak
 toe sy weggewys is.  Regter Mbha sê al laat die Skolewet beheerliggame
 toe om hulle eie toelastings-vereistes te stel, het ouers nie die reg om oor
 skole se leerlingtal te besluit nie. Volgens hom het die land se politieke
 verlede steeds ‘n invloed op skole omdat blanke skole hoofsaaklik blanke
 leerlinge inneem. Hy het bevind dat die beheerliggame van bevoorregte
 skole te veel mag het om die onderwyser-leerling-verhouding in klaskamers
 kunsmatig  te beïnvloed. Volgens hom kan dit op die uiteinde tot groter
 rasse-ongelykheid lei.

Hy het in sy uitspraak aanbeveel dat die Nasionale Minister van Onderwys die

 norme en standaarde vir skoolgetalle so gou moontlik moet vasstel. Dit is
 sedert die jaar 2007 nog nooit gedoen nie.





Die onderwys-drukgroep, Equal Education  - wat as ‘n vriend van die hof

 opgetree het –het in ‘n voorlegging gemeld dat hy al twee jaar lank probeer
 om die minister sover te kry om die minimum norme en standaarde vir
 skoolgetalle en die infrakstruktuur van skole neer te lê, maar het elke
 keer ‘n bloutjie loop.
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas),
 het hierop gesê die uitspraak gaan meebring dat burokrate en politici
 nou weer oor die toelating van leerlinge besluit.

Dit is in stryd met die huidige onderwysbedeling waarvolgens ouers of voogde

 die primêre verantwoordelikheid vir hulle kinders se opvoeding dra. Hulle het

 die reg om deur staatsowerhede geraadpleeg te word oor die formaat van

 onderwys wat aan hulle kinders gebied word met inagneming van taal, kultuur
 en godsdiens-voorkeure en het uiteraard inspraak in die beheer daaroor.





Die Onderwysdepartement het die uitspraak verwelkom omdat hy nie kan

 voorbly met die voorsiening van onderwysgeriewe as gevolg van die migrasie
 na die PWV-gebied nie. Skoolhoofde waarsku egter dat dit ’n ramp sal afgee
 as die departement volgende jaar met eise kom om leerlinge in te neem vir
 wie hulle nie plek het nie.

Elke kind het die grondwetlike reg op onderwys, maar moet dit ten koste van

 die enkele uitmuntende skole in die staat se onderwysstelsel wees?  Dit word
 keer op keer bewys dat oorvol klaskamers sonder goed-opgeleide
 onderwysers die verkeerde resep is.
Die departement sal moontlik nou probeer om die tradisionele blanke skole

 te dwing om ras-verteenwoordigend te wees, maar skole het tog bepaalde
 toevoergebiede. Dit sal dus geen uitwerking hê op die meerderheid swart
 skole in die land nie, maar dit kan blanke skole ‘n gevoelige slag toedien –
 nie net getallegewys nie, maar ook kultuurgewys omdat soveel duisende
 mense met ‘n volksvreemde agtergrond na die stede stroom.





Die tyd het aangebreek dat daar ernstig besin word oor die uitbreiding van

 volkseie onderwys of selfs privaatonderwys en tuisonderrig. Ons het ‘n
 gemeenskaplike verantwoordelikheid om toe te sien dat ons kinders
 behoorlik opgevoed en onderrig word.  Hulle is immers ons belegging
 vir die toekoms …