KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 15 December 2011

"MAAK WITTES DOOD AS NELSON STERF".

As die swart messias (Nelson Mandela)

doodgaan, sal ons die wittes ’n les leer. Ons sal volksmoord teen hulle
 pleeg: Ek haat wittes.” Dié woorde van ’n polisieman op mnr.
 Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, se
 Facebook-blad, het hom ’n interne ondersoek op die hals
 gehaal.
Kapt. Dennis Adriao, nasionale polisiewoordvoerder, het bevestig
 lt.genl. Khomotso Phahlane, hoof van die forensiese
 laboratoriumdienste en misdaadgeskiedenissentrum, het
 opdrag gegee dat ’n interne ondersoek teen mnr. Juda Dagane
 gedoen moet word.
Op sy Facebook-blad sê Dagane dat hy ’n forensiese analis en
 ondersoeker in die polisie is.
Volgens Adriao is Dagane ’n klerk in die polisie se forensiese
 departement in Gauteng.
Dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudies,
 het gesê hy is bly dat die polisie die saak ondersoek, want benewens
 dat dít wat Dagane op Facebook geskryf het haatspraak is, is dit
 ook teen die polisie se regulasies.
Dagane het op 19 November vanjaar op Malema se blad geskryf
 “swart apartheid” moet ingestel word, ’n volksmoord moet teen
 wittes gepleeg word en dat hy wittes haat.
“Wittes het geen plek in ons harte en gedagtes nie. Viva Malema!,”
 het Dagane geskryf.
In sy laaste inskrywing op sy muur op 7 Desember het Dagane
 geskryf: “Wie het gesê ’n polisieman kan nie polities wees nie?”
Burger het gesê luidens die polisie se regulasies mag enige polisielid
 aan ’n politieke party behoort. “Indien die lid hom op Facebook as ’n
 polisiebeampte geïdentifiseer het, is sy optrede teen die polisie se
 voorskrifte,” het Burger gesê.
“’n Polisiebeampte kan nie sulke uitsprake maak nie, want dit is
 duidelike haatspraak.
“Volgens die polisie se regulasies is ’n polisielid vry om aan enige
 party te behoort, maar hy mag nie ’n openbare amp in ’n politieke
 party beklee nie of enige openbare politieke uitsprake maak nie.
 Wanneer sulke uitsprake op Facebook gemaak word, is dit
 openbare uitsprake.”
Dagane het nie op navrae gereageer nie.