KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Sunday 18 December 2011

EK SKRYF N BRIEF AAN U O GOD.


Ons was 'n Volk so trots so vry
En selfs in swaarkry tye bly
Oor kranse heen om ons hier te kry
Ek skryf 'n brief aan U o God

Ons het met min die reis begin
Het saam gestaan deur dik en dun
Kon elke stryd in geloof oorwin
Ek skryf 'n brief aan U o God

Red ons mense weer
Ons harte te seer
Ons bedank U vir die son
Kan ons weer almal leef in hom
Help ons in die stryd
Teen haat en kwaad en nyd
Hernu weer U verbond
Dit is my brief aan U o God

Ons het die Melodie verloor
Het lanklaas Harmonie gehoor
Hier om ons druis net die hel se koor
Ek skryf 'n brief aan U o God

Ons mense smag na vrede hier
Kannie meer die pyn verduur
As dit U wil is o Vader
Waar ons in U Naam vergader

Lees net ons brief aan U o God...

Tussen bosse en bome
Tussen grense wag ons almal vir more
Maar op agtien was ons almal verlore
Hoe kon ons verstaan
En wie weeg nou ons lewe
Want net God alleen weet waarvoor ons bewe
Want op agtien wou ons almal net lewe
Net een slag toe was jou lewe verby

Roep jy na my
Roep jy my terug na die Kaplyn my vriend
Deur die jare het die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai
Soek jy na my
Soek jy my nou in die stof en jou bloed
Jy’t gesê jy hoor hoe God na jou roep
Toe’s dit als verby…

Na al hierdie jare
Ver verlore dryf ons rond in ons dade
Net soldate leef met grense se skade
Hoe kan julle verstaan
Want daai bos vreet ons spore
In die donker bos was broeders gebore
In die donker saam gebid vir die more
Maar met net een slag jou lewe verby

Roep jy na my
Roep jy na my terug na die Kaplyn my vriend
Deur die jare her die wêreld gedraai
Toe ons jonk was hoe sou ons dit kon raai
Waar is jy nou
Is jou naam dan op ons mure behou
Jy was nooit vereer en niemand gaan nou
Oor jou lewe skryf en wat jy nog wou…
En by daai muur
Staan ek vir ure
Maar waar’s jou naam nou my vriend
Kan hull nie verstaan…
Jong soldate vergaan…
Sonder rede dra hulle die blaam…