KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 23 December 2011

VIDEO: LEWENSLANK VIR `BARBAARSE`MOORD IN DIE BOORD.


Geregtigheid hét geskied, het me. Marianne Hopkins se familie gister
 gesê nadat haar moordenaar, Richard Yeyani (28), lewenslank vir
 dié “barbaarse moord” tronk toe gestuur is.
“Die dag met haar begrafnis het ek gebid dat reg en geregtigheid sou
 geskied. Dit is wat vandag gebeur het. Hy het die swaarste straf gekry
,” het Hopkins se ma, mev. Reneé Carinus, gister op die trappe van die
 Wes-Kaapse hooggeregshof gesê.
“Ons as familie is innig dankbaar vir die manier hoe die saak hanteer
 is. Dit is met sagte hande gedoen. Ons is ook dankbaar vir elke
 gebed wat ons deur hierdie tyd gedra het – want dít is hoe ons
 hierdeur gekom het.”
Hopkins (47) is op 10 September verlede jaar in haar huis in Die
 Boord op Stellenbosch verkrag en vermoor.
Marcus Thomas (22) en Xolani Michael Mdoyi (24) was staatsgetuies
 nadat hulle in September skuld beken het en elk tot 25 jaar tronkstraf
 gevonnis is.
Regter Siraj Desai het Yeyani as die baasbrein agter die aanvanklike
 inbraak bestempel en gesê dit is om verskeie redes besonder moeilik
 om enige simpatie met hom te hê. “Die mees voor-die-hand-liggende
 rede is die erns van die misdade wat hy gepleeg het terwyl hy nog op
 parool was en spesifiek ’n besonder gewelddadige misdaad teenoor
 ’n weerlose vrou,” het Desai gesê.
Yeyani is in 2002 weens verkragting tot 13 jaar tronkstraf gevonnis en
 is in Desember 2009 op parool vrygelaat.
Desai het gesê Hopkins was ’n sagte en maklike teiken vir Yeyani –
 iemand wat vir hom en sy ma ’n werk en inkomste verskaf en
 vertroue in hom gestel het.
“Dit is moeilik om te begryp waarom hy homself in hierdie riskante
 situasie met gevoellose verontagsaming van nie slegs die oorledene
 se belange nie, maar ook van sy eie ma se belange begeef het.
 Uit die aanvaarde getuienis blyk dit dat hy Hopkins moontlik nie
 sou vermoor het as sy hom nie gesien en herken het nie.”
Yeyani het geen werklike berou getoon nie, het Desai verder gesê.
“Nieteenstaande die lang gevangenisstraf wat hy in die verlede opgelê
 is vir wandade teenoor ’n vrou, het dit hom nie gerehabiliteer of
 afgeskrik nie.”