KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday 7 December 2011

COUNTRY-SANGERES CHEREE DEEL OUERS SE DROME VIR KINDERS EN HELP SKOOLTASSIES UITDEEL IN MELKBOSSTRAND.



Kinders kan baie wreed wees en dikwels laat ʼn gespot oor die dinge wat hul 
maatjies het maar waarsonder hulle moet klaarkom, jare later steeds ʼn letsel
 op ʼn kind se gemoed.
Vir ʼn ouer is dit soms nog erger om nie vir ʼn kind alles te kan gee wat sy of hy
 nodig het of so graag wil hê nie. Dit kan iets wees wat vir die meeste van ons 
so eenvoudig en vanselfsprekend is soos om jou eerste skooldag met ʼn skooltas 
en skryfbehoeftes aan te durf. En dit is juis met Solidariteit Helpende Hand se 
Skooltassie-projek waarmee ons die las vir baie gesinne aansienlik ligter maak.
Mari van Rooyen van Melkbosstrand in die Wes-Kaap se dogtertjie is vanjaar in
 Graad1 en sy het ʼn skooltassie op haar eerste skooldag ontvang. Mari is ʼn
 ontvangsdame by ʼn karavaanpark in die omgewing en haar man doen
 sekuriteitswerk.
“Ons het ook ʼn ouer seuntjie in Graad 6 en dit het ons regtig baie gehelp, want
 met twee kinders is dit maar moeilik om altyd vir hulle presies dieselfde goed
 te gee”, sê Mari. “My dogtertjie is baie skaam en die skooltassie het beslis
 gehelp om haar bietjie meer moed vir die eerste dag te gee. ’n Mens wil mos
 graag hê dat almal dieselfde behandel word en dat van niemand ʼn 
uitsondering gemaak word nie. Jy wil die beste vir jou kind hê. ”
Ook Lea September sê die Skooltassieprojek beteken vir haar gesin 
sommer baie. “Ek het vanjaar drie kinders in Graad 1 en die tweeling, wat ’n
 bietjie jonger is, is op pad Graad R toe,” sê sy. “Dis vir my baie swaar. Alleen
 kan ek dit nie doen nie … ek bring my kant, maar dis baie moeilik.”
Lea is ʼn bediende en haar lewensmaat is werkloos omdat hy siek is. Hulle is
 grootliks van liefdadigheid afhanklik om aan die gang te bly, maar dis dikwels
 nie voldoende om aan die kinders se behoeftes te voldoen nie.
Die country-sangeres, Cheree, het onlangs ma geword, maar kan haar reeds
 met hierdie vroue se versugtings vir hul kinders vereenselwig. Sy het onlangs
 saam met Helpende Hand by die kleuters van Melkbos Pre-Primêr gekuier om
 die Skooltassieprojek te ondersteun.
“My dogtertjie is nog so klein, maar ek besef reeds dat al wat sy eintlik nodig het,
 liefde en omgee is. Dis ʼn universele gevoel … liefde en omgee,” sê Cheree. “Ons
 is in ʼn baie bevoorregte posisie om Taylor-Hope alles te kan gee wat sy nodig het.
 Die minste wat ek en Wynand kan doen, is om mense aan te moedig om die
 projek te ondersteun.”
Helpende Hand wil met hierdie projek aan soveel as moontlik kinders die
 geleentheid vir ʼn goeie skoolopvoeding bied sodat hulle ook eendag goeie
 werk kan kry en nie in die kringloop van armoede sal vasval nie.
Daar is verskeie maniere om ook te help:
-       SMS die woord “tassie” na 34388 (ʼn SMS kos R2) en ʼn agent sal jou skakel
 om vas te stel watter bydrae jy wil maak. Die koste van een tassie is R200.
-       Skakel Helpende Hand by 0861 25 24 23 of 012 644 4390.
-       Besoek die webwerf www.helpendehand.co.za.
-       Maak ʼn skenking. Die bankbesonderhede is: Solidariteit Helpende Hand,
 Absa-rekening: 407 225 0017, Centurion-tak: 632 005. Gebruik “tassie” as 
verwysing. Faks bewys van betaling na 086 218 3216.