KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 27 December 2011

AANVALLERS LOOP HULLE VAS IN N MUUR VAN VERSET.

PRETORIA. – Drie rowers het Vrydagaand hul moses teëgekom toe hulle hulle in
 ’n aanval op ’n hoewe in Donkerhoek, oos van Pretoria, in ’n muur van verset deur
 hul slagoffers vasgeloop het.
Een is raakgeskiet in ’n stoeiery wat ontstaan het en nog een se arm is gebreek.
 Die gewonde aanvaller het gevlug, maar is later deur ’n oplettende polisieman,
 wat toevallig by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria was, opgemerk.
Mnr. Frantz Müller het gister sy en sy vriend, mnr. Gary Saaiman, se teenstand in
 die aanval verduidelik: “Ons het net geweet ons sal moet veg as ons wil keer dat
 die vroue en my kind geskiet word.”
Hy, sy vrou, Elizna, en hul sesjarige dogter het saam met Saaiman en sy vriendin,
 me. Mariëtte Geldenhuys, onder die lapa gekuier toe die onwelkome besoekers
 toeslaan.
Müller (47) is in die been geskiet en het ’n skedelfraktuur opgedoen toe een van
 die aanvallers hom oor die kop geslaan het. Mev. Müller (43) is gebyt terwyl sy op
 die een rower gespring het wat haar man wou skiet. Saaiman (41) is ook in die
 been geskiet.
Hy het gesê twee gewapende mans het omstreeks 21:30 op hulle afgestap gekom.
“Ek het instinktief op die een rower afgestorm,” het Müller gesê.
Die rower se makker het begin skiet, maar Saaiman was vinnig op hom.
Verskeie skote het in die worsteling tussen die vier mans afgegaan.
“Ek en die een aanvaller het op die grond gestoei. Ek het sy wapen gegryp.

 Gary se aanvaller het intussen ook sy wapen verloor.

 Die man (met wie Müller baklei het), het opgespring en sy vriend se wapen gegryp.
 Hy het die sneller getrek, maar die magasyn was leeg,” het Müller vertel.
Dit was toe wat die oorhaastige skelm gegly en geval het.
“My vrou het op hom gespring om te keer dat hy weer skiet.

 Sy het so met hom baklei dat hy haar aan die arm gebyt het,” het Müller gesê.
Toe hy opstaan om sy vrou te help, het die rower na iemand geroep.

 ’n Derde man het verskyn en Müller met ’n onbekende voorwerp oor die kop geslaan.
Die aanvallers het gevlug, maar ’n gewonde Saaiman is agterna en het een van
 die booswigte platgetrek. Geldenhuys het intussen “al wat lewe” om hulp gebel.
Kort voor lank is byna 50 gemeenskapslede deur “Conserv”, ’n
 gemeenskapsondersteuningsgroep in die omgewing, gemobiliseer.
Mnr. Trevor Roberts, eienaar van Conserv, sê hulle het paaie afgesper en
 noodhulp op die toneel verleen, maar weens die reën kon hulle nie die
 voortvlugtende twee skelms se spoor volg nie.
Müller het twee dae lank in die Wilgers-hospitaal se intensiewe eenheid
 deurgebring voordat hy op Kersdag ontslaan is.
Intussen het een van die twee voortvlugtende rowers wat in die stoeiery geskiet
 is, tot by die N4-snelweg gevorder.
Mnr. Johannes Jafta, polisiewoordvoerder, het gesê ’n ambulans het heel toevallig
 verby gery en die beseerde man na die Steve Biko-hospitaal gebring.
“?’n Polisieman het iemand met ’n skietwond tussen die mense by die hospitaal
 gesien.

Hy het die verdagte geëien aan ’n beskrywing wat die Boschkop-polisie vroeër
 deurgegee het en die tweede verdagte daar en dan in hegtenis geneem.”
Albei is onder polisiebewaking in die hospitaal behandel.

 Hulle word aangekla van poging tot moord en besit van onwettige vuurwapens
 en ammunisie. Die derde verdagte is nog soek.