KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 28 July 2011

BERE JOU MOTORFIETSE.

SECUNDA - Lt.-kol. Seugnet Erasmus van die plaaslike polisiestasie het inwoners teen drie mans wat naby Laerskool Secunda in die groen stroke mense aanval, gewaarsku.

"Twee van hulle het messe en een het n ysterpyp. Een kom eers met n mes en eis geld. As die mense nie vir hom geld kan gee nie, kom die ander twee en val die mense aan,"het lt.-kol. Erasmus gese.

Sy het inwoners ook gemaan om nie hul motorfietse of vierwielmotorfietse op opsigtelike plekke te bere nie.

"Mense moet hul motorfietse toesluit waar diewe dit nie kan sien nie."

Sy het ook gewaarsku teen n kort man wat mense in die sakekern van hul besittings beroof.

"Hy kom staan teen jou en praat met jou en as jy weer sien, is jou beursie weg. Hy is ongelooflik vinnig het sy gese.

Die man het blykbaar n oorpak gedra en n diamantoorring in sy linker oor gehad.

SIES! `DIT LYK AAKLIG IN MY VOORTUIN.

EVANDER - Dit is glad nie n mooi prentjie nie.
Menslike afval het n pappery gevorm en dit dryf letterlik en figuurlik tussen die plante deur.
"Dit lyk aaklig in my voortuin en dit is septies en stink,"het me. Wilma van Schalwyk vertel. Sy het nou genoeg gehad van rioolpype wat blok en dan die afval in haar voortuin opstoot.
"Ons het die pype verlede jaar aan die kant van die huis vervang omdat boomwortels in die lasplekke op die pype ingegroei het so die pype geblok het.

"Die loodgieter het ons die waarborg gegee dat dit nie weer sou gebeur nie.
"Skaars twee maande later, en die pype is weer geblok en stoot die riool die keer in ons voortuin op,"het sy verduidelik.
Volgens haar moet sy nou elke twee maande die loodgieter laat kom om die geblokte pype oop te maak en dit kos haar elke keer R280.

"Elke keer verwyder hy n hele klomp boomwortels.
"Ons buurman het n ou wilgerboom in sy voortuin en die boom se wortels, asook die ou bome se wortels in ons voortuin wat op munisipale grond is, is die oorsaak van al die probleme.
"My buurman weier egter om die boom uit te haal, al is dit besig om die muur om te stoot.

"Hier was al iemand van die Parkeraad en volgens hom mag die ou bome wat op die munisipale grond staan, nie verwyder word nie.
"Die ou bome moet behoue bly.
"Die loodgieter mag ook nie die pype wat op die munisipale grond verstop is, vervang nie.
"Voor hy dit mag doen, moet hy eers toestemming van die munisipaliteit kry en moet n fooi aan die munisipaliteit betaal word.

"Hoe werk dit?

"Ek betaal dan elke maand vir munisipale dienste en nou moet ek nog die munisipaliteit betaal sodat n privaal loodgieter hulle werk vir hulle kom doen,"het me. Van Schalkwyk gekla.

Sy meen hulle gaan dit nie kan volhou om elke tweede maand R280 aan die loodgieter te betaal nie.
"Ek voel verontwaardig en is baie kwaad."

Die Ridge Times het mnr. Themba Motlhankana, waarnemende bemarkings- en kommunikasie bestuurder van die Govan Mbeki Munisipaliteit, om kommentaar genader oor die Van Schalkwyks se situasie in hul voortuin en wat die munisipaliteit daaromtrent gaan doen.

"Die munisipaliteit is bewwus van al die geblokte rioolpype wat binne ons regsgebied bestaan,"het mnr. Motlhankana gese.
"Die munisipaliteit se Water- en Rioolafdeling het onlangs n "Rescue Rod"- eenheid op die been gebring om na die groot blokkasies om te sien.
"Die diensverskaffer is werksaam op eMbalenhle, eMzinoni, Bethal, Evander en Secunda en werk volgens die kontrakteur se skedule.

Wednesday 27 July 2011

GEDENKGEBOU WORD VAN SY GESKIEDENIS BEROOF.

BETHAL - Die ou Bethal Kommando-gebou wat deel vorm van Bethal se geskiedenis, le aan skerwe.
Met n gewapende mag het dr. Jameson op Oujaarsdag 1895 die ou Transvaal binnegeval, maar is die volgende dag tot oorgawe gedwing.
So is die aanslag op die Republiekeinse onafhanklikheid afgeweer, omdat Jameson met n groep uitlanders in Johannesburg saamgesweer het om die regering van pres. Paul Kruger omver te werp.
Komdt. Piet Erasmus het vertel dat hy as jongman op Oujaarsaand 1895 n dans op die plaas Mooimeisiesfontein bygewoon het.
Die kommandeerman het onverwags opgedaag en die name van die burgers afgelees wat die volgende oggend op Trichardtsfontein moes aanmeld.
Vandaar is die Bethallers uit die kommando na Johannesburg om die dreigende opstand in bedwang te hou.
Die herinneringe is soms die enigste manier waarop n mens kan staatmaak om die prent te versinnebeeld.
Met tyd vergaan alles om ons, so ook in die geval van n verwaarlose gebou wat eens Bethal kommando was.
Volgens n voormalige kommandolid, is dit hartseer om n deel van hul geskiedenis, verwaarloos en verniel te sien.
"Die gebou dra nie net die geskiedenis van die kommando nie, maar n sentimentele waaarde wat net diegene wat n bydra tot die kommando gelewer het, kan verstaan." het hy gese.
Mnr. Martin Nienaber wat by Departement van Korrektiewe Dienste werk, het gese: "Die gebou staan al vir n geruime tyd leeg, die kommando se kantoor is later omskep in n meenthuis wat slegs aan kommandolede uitverhuur is."
Die gebou behoort nou aan die Departement Openbare Weerke (DOB) wat vermoedelik die gebou sou herstel het.
Einde ten laaste is die gebou herstel en tot die skok van die DOB het hulle die verkeerde huis gerestoureer."
Wat van die ou kommando - gebou oorgebly het, is bloot vloere wat met stof bedek is, gebreekte deure, stukkende buisligte, n daklose kroeg, lee kabelomhulsels, onvolledige badkamerstrukture wat of gesteel of stukkend is en n Bethal Kommando - embleem wat steeds trots hang in wat eers die plek was waar legendes gebore is.