KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 20 December 2011

DERBY-LEWIS DAAG MINISTER UIT OOR "LEUN".


Pretoria – Clive Derby-Lewis (74) het gister vanuit die Pretoria-sentraal-g
evangenis, waar hy die afgelope 18 jaar sy vonnis van 25 jaar tronkstraf
 uitdien, die minister van korrektiewe dienste uitgedaag om haar stellings
 oor hom te bewys.

Derby-Lewis het gereageer op Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van
 korrektiewe dienste, se stelling op die opening van die
 galgkamer-museum verlede week dat Derby-Lewis twee jaar gelede
 in ’n paroolaansoek gesê het as hy uit die tronk kom, gaan hy eers
 rus en daarna alles oor die moord op Chris Hani onthul.

“Hoekom nie nou nie,” wou Mapisa-Nqakula weet.

Derby-Lewis het gister in ’n verklaring, wat deur sy vrou, Gaye, aan
 Volksblad gestuur is, gesê hy kan nie glo dat die minister sou “lieg”
 om haar “onregverdige en ongrondwetlike optrede ten opsigte van 
my parool te probeer regverdig nie”. “Ek moet dus aanvaar dat een
 of ander amptenaar haar waningelig het, want ek het nooit so iets
 in enige aansoek gesê nie. Daar is ’n maklike manier om die saak
 reg te stel: Vra die betrokke amptenaar om haar te voorsien van 
die dokument waarin my beweerde verklaring staan. As dit wel lyk
 asof die minister die outeur van die leuen is, dan daag ek haar uit 
om ’n beëdigde verklaring in die verband af te lê sodat die reg kan
 geskied aangesien die verklaring net ’n blatante leuen is,” lui
 Derby-Lewis se verklaring.

Mapisa-Nqakula het ook verlede week gesê Derby-Lewis sal ook 
nie aanstaande jaar op parool vrygelaat word nie nadat sy weer sy
 paroolaansoek geweier het.

Volgens haar het Derby-Lewis nog nie aansoek gedoen om op
 mediese parool vrygelaat te word nie.

Derby-Lewis se aansoeke om op parool vrygelaat te word, is sedert
 2008 herhaaldelik van die hand gewys. Hy sal aanstaande jaar
 opnuut aansoek doen om op mediese parool vrygelaat te word.
 Derby-Lewis word vir prostaat- en velkanker behandel.

Hy is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord in 1993 op
 Hani, die voormalige SAKP-leier.