KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Monday 19 December 2011

ANGS KOM IN DIE NAG VIR TUKKIE.



Volgens hom gaan dit nie goed met sy dogter nie.

“Haar wonde het goed genees en danksy uitstekende plastiese 
chirurgie deur dr. ­Stefan Rawlins is haar wonde heelwat kleiner
 as wat ons verwag het,” het hy gesê.

Haar linkerduim is byna afgekap in die voorval, maar die dokters 
kon haar vinger in ’n noodoperasie red.

Die dokters kon ook die mespunt verwyder wat deur haar skedel haar
 brein gepenetreer het.

Haar pa, ’n oudstaatsaanklaer en landdros met meer as 30 jaar se
 regsondervinding, het gesê hoewel die wonde goed genees het, is
 die emosionele trauma waardeur sy dogter gaan “enorm”.

“Nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, het sy eers vir ’n ruk by familie
 en vriende gebly, want sy kon nie na die plek toe gaan waar sy so
 seer gekry het nie. Haar ma, wat in Botswana bly, het haar werk
 bedank om by haar te kom bly.
“Sy sukkel om die trauma te verwerk, want sodra dit donker word,
 kry sy angsaanvalle.

“Dit gaan nie goed met een van ons in die familie nie,” het haar pa 
emosioneel gesê.

Sy en haar ma woon nou saam in dieselfde meenthuis waar sy verkrag
 en vir dood gelaat is.

Sy ontvang tans psigiatriese behandeling en is op antidepressante.

“Ek wil dankie sê aan dr. Pieter Coertze (’n ortopediese chirurg), wat 
vier en ’n half uur gevat het om my dogter se lewe te red en ook aan
 al die mediese personeel by die Mon-tana-hospitaal wat so mooi na
 my kind gekyk het.

“Die gebede en e-posse van Australië, Nieu-Seeland, Engeland en



 oor Suid-Afrika heen staan al kniehoogte in my kantoor en vir al dié


 wonderlike mense is daar nie eens woorde om my dank te betoon nie,” het hy gesê.

Nadat mnr. Tsietsi Samuel Msiza (24) op die aand van haar verkragting
 in hegtenis geneem is, het hy twee dae later onder polisiebewaking uit
 die Dr. George Mukhari-hospitaal ontsnap.

Daarna het studentekonst. Mphikeledi Alfred Mahlanga (39) en ao.
 Amos Chris Masilela (48) in verband met sy ontsnapping in die 
Pretoria-Noord-streekhof verskyn op aanklagte van regsverydeling
 en hulpverlening tot ontvlugting. Die saak teen hulle is teruggetrek.

Msiza is weer aangekeer toe hy ’n week ná sy ontsnapping glo by ’n
 huis in die Pretoriase Moot ingebreek het.

Haar pa oorweeg siviele eise teen die minister van justisie en van
 polisie omdat Msiza reeds drie keer vantevore van verkragting 
aangekla is en in Januarie verlede jaar, nadat hy al ses jaar lank in
 aanhouding was, op borgtog van R1 000 vrygelaat is.

Dít omdat die ondersoekbeampte nie by die hof opgedaag het om 
borgtog teen te staan nie.

Msiza het skuld ontken op dié aanklagte. Msiza sal eersdaags weer
 in die hof verskyn.