KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday 14 December 2011

OUPE (74) BY KINDERS VERMOOR.


Kaapstad – ’n Gesin van Durbanville is in rou gedompel nadat hul pa en oupa Dinsdag omstreeks 07:20 in ’n rooftog in hul huis doodgeskiet is.

Rodney Jack Bertz (74), ’n inwoner van Durban, is Dinsdagoggend in sy dogter se huis in die stil, lowerryke woonbuurt Tara in Durbanville doodgeskiet.

Die oorledene en sy vrou (73) was met vakansie in Kaapstad en het by hul dogter (45) en skoonseun tuisgegaan.

Volgens lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het drie onbekende mans die dubbelverdiepinghuis in Constantia- straat binnegegaan kort nadat die stoep se skuifdeur oopgesluit is. Hier het hulle die oorledene se dogter gekonfronteer.

Een van die rowers is na die boonste verdieping van die huis, waar hy Bertz teëgekom het. Bertz is in ’n konfrontasie met die rower in die bors geskiet. Hy het op die toneel gesterf.

Die rowers het in ’n ligte afleweringsvoertuig van die toneel gevlug.

Hulle het ’n onbekende bedrag kontant gesteel.

Traut het gesê die vrou se skoonma (76) gaan ook daar tuis vir haar vakansie.

Die vrou, haar sesjarige tweeling, sowel as haar ma en skoonma is ongedeerd.

Volgens inligting wat Die Burger ontvang het, was die oorledene, sy vrou en sy dogter se skoonma op die boonste verdieping.

Een van die rowers het glo teen die trappe opgehardloop.

’n Skoot is gehoor en die rower het die trappe afgehardloop en saam met sy twee makkers op vlug geslaan.

Met Die Burger se aankoms by die huis Dinsdagoggend was die polisie se forensiese ondersoekers nog besig om die toneel te fynkam.

Bertz se skoonseun wou nie dat sy gesin met die media praat nie. Hy het gesê dit is ’n moeilike tyd vir hulle en het gevra dat hulle in vrede gelaat word.

Hy was nie ten tyde van die rooftog tuis nie.

Traut het gesê die polisie vermoed dat die rowers gewag het totdat hy die huis verlaat, waarna hulle toegeslaan het.

Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om die polisie by die Stop Misdaadnommer 086 001 0111 te kontak.