KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 6 December 2011

FINISH EN KLAAR.



Die gewese polisiekommissaris, Jackie Selebi, was veronderstel om gister met
sy 15-jaar tronkstraf te begin nadat die Appèlhof sy skuldigbevinding en vonnis
 bekragtig het. Die voormalige Interpol-hoof was só geskok na die uitspraak,
 dat hy inmekaar gesak en in die hospitaal opgeneem moes word.

Sedert dit 'n paar jaar gelede bekend geword het dat hy bande met die land se
 mafia het, het Selebi sy onskuld verdedig en selfs sy vriendskap met 'n berugte
 dwelmhandelaar verdedig as "finish en klaar". Boonop het oud-president
 Thabo Mbeki gekeer dat hy vervolg word en dit het tot die uiteindelike

 afdanking van die destydse hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag,


 Vusi Pikoli, gelei. Hy wou Selebi met alle geweld vervolg, maar om dit


 te verhoed is die Ginwala-kommissie aangestel om sy bevoegdheid vir


 die pos te bepaal. Dit is net mooi op dié punt wat die huidige Vervolgingshoof,


 Menzi Simelane, die toneel betree het. Ondanks dr. Frene Ginwala se 


bevinding dat hy as direkteur-generaal van Justisie misleidende en vals 


getuienis gelewer het, word hy deur president Jacob Zuma as die


 Direkteur van Nasionale Vervolging aangestel. Die Appèlhof het kort


 voor die Selebi-uitspraak bevind dat Simelane se aanstelling ongeldig was.








Is dit toevallig dat twee ANC-marionette in een week in die hof verslaan is?
 Nee, dit is die logiese verloop van sake wat op die hofrol geplaas is, maar
 dat albei gesneuwel het omdat hulle pionne in die ANC-se leierskapstryd was,
 is verseker. President Zuma en oud-president Mbeki ly albei oënskynlik aan
 politieke paranoia. Selebi moes help dat mnr. Mbeki aan bewind bly en hy het
 persoonlik aan die hoof gestaan van die ondersoek na 'n beweerde komplot
 om mnr. Mbeki uit die kussings te lig.

Die onbestendige Simelane is waarskynlik aangestel sodat mnr. Zuma die NVG
 kon manipuleer. Simelane het ná die tyd gesê die Vervolgingsgesag moet die
 knie buig voor sy politieke meesters. Soetklinkende woorde, maar hy het
 seker nou geleer mooi praatjies vul geen gaatjies nie.




Die regering se verskuilde dreigement om die Grondwetlike hof se uitsprake te
 evalueer om vas te stel of dit aan die transformasie-vereistes - met ander woorde
 swart bemagtiging - voldoen, is maar net 'n voortsetting van die pogings om die
 land se regstelsel aan die ANC gedienstig te maak. Die aanhoudende inmenging
in die Nasionale Vervolgingsgesag, wat uiteindelik tot die ontbinding van die
 Skerpioene-eenheid gelei het, was net die begin om die Suid-Afrikaanse Regstaat
 subtiel te verander sodat die ANC altyd aan bewind kan bly.



Nou is oud-regter Willem Heath weer terug in sy pos as die hoof van die Spesiale
 Ondersoek-eenheid. Hy vervang die voormalige ANC-parlementslid, Willie Hofmeyr,
 wat aanbly as die hoof van die Batebeslagleggings-eenheid. Advokaat Heath het
 teenoor koerante erken dat mnr. Mbeki agter die korrupsie- en
 verkragtingsaanklagte teen president Zuma was. Hy het glo aan die NVG
 voorgeskryf wat hulle benadering moet wees. Bulelani Ngcuka wat to
e die hoof van die Vervolgingsgesag was, het bevind dat daar 'n prima facie
saak van korrupsie teen mnr. Zuma uitgemaak kan word, maar dat hy nie
 vervolg sal word nie. Volgens advokaat Heath het advokaat Ngcuka agterna
 geld vir sy dienste geëis.



Hoe 'n mens ookal daarna kyk, skroom die ANC nie om te knoei of die reëls
 te buig as dit by sy gesogte leierskapsposte kom nie. En die mense wat nou
 aangestel word om mnr. Zuma volgende jaar sy Bloemfontein-oorwinning te
 besorg, moet pasop dat hulle nie die volgende slagoffers in die knoeispul word nie.
Die onsigbare stryd tussen die Xhosa Nostra en die Zoeloe-kabaal gaan nog lank duur...