KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 3 December 2011

ONDER DIE VERGROOTGLAS VAN DIE WERELD.



Suid-Afrika bevind hom nou midde-in die jaarlikse veldtog van aktivisme teen
 geweld teen vroue en kinders, ‘n boodskap wat sal neig om sleg die wind van
 voor te kry in sy aanspraak en mededinging op mediadekking. Hierdie boodskap
 kom te midde van COP 17 wat gister in Durban begin het, die Menseregtekommissie
 se haatspraakverhoor teen Julius Malema na meer as 500 klagtes ontvang is,
 en die storm oor die omstrede wetsontwerp op die Beskerming van
 Staatsinligting wat internasionaal die weerlig trek. In hierdie dae gaan
 die president se woordvoerder, mnr. Mac Mararaj, boonop die les leer dat
 ‘n mens nie sommer swaarde kruis met diegene wat die ink by die vat
 aanskaf nie.





Boonop was daar die naweek nog ‘n plaasmoord, kort voor ‘n afvaardiging
 van Afriforum die VN se Menseregteraad oor dié ramp inlig.
Met die oë van die wêreld op COP 17, sal dit nie vreemd wees nie dat

 Suid-Afrika in geheel meer as gewoonlik onder die wêreld se vergrootglas
 gaan beland nie.
Suid-Afrika word gereeld die verkragting-hoofsetel van die wêreld genoem.



 Volgens die jongste amptelike misdaadstatistiek is daar in die betrokke
 jaar 66 196 gevalle van verkragting by die SAPD aangemeld. Volgens
 maatskaplike werkers word slegs sowat een uit tien tot een uit dertig
 verkragtings by die polisie aangemeld. 



Amper 200 000 gevalle van aanranding is by die polisie aangemeld, waarvan

 ‘n groot persentasie vroue en kinders slagoffers sou wees. Daar was effens
 meer gevalle van aanranding met die opset om ernstig te beseer, wat ‘n
 aanduiding gee dat ook nie alle aanrandings by die polisie aangemeld word
 nie. Net minder as 16 000 mense is vermoor, en byna net soveel gevalle van
 poging tot moord is aangemeld, weer eens ‘n aanduiding dat alle gevalle van
 poging tot moord nie op klagtes by die SAPD uitloop nie. En in elk van
 hierdie kategorieë was daar ook vroue en kinders die slagoffers. Meer as
 3 000 gevalle van kinderverwaarlosing of die mishandeling van kinders is
 ook aangemeld. Vroue en kinders sou ook deel van die statistiek wees
 soos strafbare manslag, kapings, rooftogte en vele meer.




Met die hoë voorkoms van MIV – Vigs is verkragting ‘n veel ernstiger saak.

 Voorts is die ouderdomme van verkragtingslagoffers tekenend van ‘n siek
 gemeenskap – dit wissel van babas tot oumatjies van 103 jaar oud – dit
 sluit invalides in, en boonop is die verkragter dikwels aan die slagoffer
 bekend of selfs ‘n familielid, of selfs die pa.
Grootskaalse werkloosheid en armoede word dikwels as grondoorsake

 van die maatskaplike euwels gelys as faktore wat tot hierdie soort
 misdaadsyfers lei. Al hoe meer studies wys egter ook daarop dat die
 inkomstegaping ‘n soortgelyke effek op die tronkbevolkings het, en
 Suid-Afrika is volgens sommige bronne nie net die land met die hoogste
 meetbare inkomstegaping nie, maar een waar dit besonder snel toeneem.

In die aanloop tot die wêreldbekersokkertoernooi en tot ‘n ruk daarna het
 Suid-Afrika ‘n taamlike windstilte van misdaad beleef, en die regering sa
l alles in sy vermoë doen om te verseker dat dieselfde tydens COP 17 gebeur
. Die plaasmoord en verskeie plaasaanvalle in die Wes-Kaap op die vooraand
 daarvan is egter simptomaties dat Suid-Afrika nie daarop kan staatmaak
 dat die land internasionaal sal baai in gunstige publisiteit nie.
Die stryd teen verkragters en kindermishandelaars moet egter nie beïnvloed
 word deur die feit dat die oë van die wêreld op die land gerig is nie. Elke
 landsburger het ‘n plig om dié euwel hok te slaan, al is dit net om verdagte
 gevalle onmiddellik aan te meld.