KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 30 December 2011

MAN GRYP 11-JARIGE, WIL HOM ONTVOER.

’n 11-jarige seun van Vanderbijlpark het gister uit die kloue van ’n man ontsnap


 wat hom op pad na ’n kafee gegryp het en in ’n rooi paneelwa wou dwing.


Die voorval het in die CW6-woongebied gebeur.
“Die man, in ’n rooi Volkswagen Caddy-paneelwa, het langs die seun
 stilgehou en gesê dat hy moet inklim.
“Die kind het geweier,” het ao. Kinnie Steyn van die Vanderbijlpark-
polisie gesê.
Die man het die kind gegryp, maar die seun het losgeruk en weggehardloop.
Volgens die seun is die man diep in die 20, miskien iets in die 30, het
 ’n middelmatige liggaamsbou en donker hare.
“Hy het Afrikaans gepraat en het ’n swart hemp en swart langbroek
 aangehad.”
Volgens Steyn is dieselfde paneelwa in Desember as verdag by die
 polisie aangegee.
Die voertuig is in Desember naby ’n skool in die SW4-gebied opgemerk
 en gerapporteer.
“Dit is ’n baie ernstige voorval en ons versoek die gemeenskap om ons
 oë en ore te wees sodat die verdagte aangekeer kan word sodat
 geregtigheid kan geskied.”
Steyn het mense met inligting oor die man gevra om kapt. Lizette
 Robertson by 0071 604 0370 te bel.