KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 31 December 2011

DIE SLAG VAN GRASPAN.


112 Jaar gelede was daar aan die begin van die Engelse Oorlog by Graspan,
 langs die spoorlyn van De Aar na Kimberley, 'n skermutseling  tussen 'n
 groot Engelse leer-afdeling en twee Boere-kommando's. Daardie geveg
 was nie groot nuus nie, want Luit-genl. Lord Methuen het met sy 10 000
 man en 16 kanonne, betreklik maklik die 1 500 burgers van genl. Koos
 de la Rey en genl. M Prinsloo van die Vrystaat uit die pad gevee. Dit was
 ook die bedoeling want Methuen was op pad om Kimberley te ontset.
 Die Boeremagte het daardie plek beleer en, onder andere, daar vir Cecil
 John Rhodes vasgekeer en hom verhinder om diamante te delf. Dit was 
natuurlik 'n onhoudbare toestand. Daarom is Luit-genl. Lord Methuen met
 so ‘n oormag na Kimberley om Cecil John Rhodes en sy diamante te red ....


Dit was mos in die dae van koningin Victoria ondenkbaar dat die Boere of van
 die Vrystaat of van die Transvaal die diamante van Kimberley sou kan besit.
 Volgens Rhodes en die Engelse Empire-bouers was mag dieselfde as reg en
 daarom het die Engelse meesterras, waaroor Rhodes so graag gespog het, 
vanselfsprekend die alleen-reg gehad op die besit van die diamante van
 Kimberley en die goud van die Witwatersrand. Deesdae hoor mens dieselfde
 soort geluide uit 'n ander hoek wat dus net weer bewys dat hoe meer dinge
 venander hoe meer bly dit dieselfde.  


Dit alles laat mens nogal dink aan 'n opmerking van die Franse filosoof,
 Alexis de Tocqueville wat in die 19de eeu gese het dat die stelreël dat die
 meerderheid van 'n volk die reg het om alles te doen wat hulle wil, 
"godslasterlik en veragtelik" is. Want, het hy geargumenteer, die aansprake
 en die reg van ‘n meerderheid, word in 'n beskaafde gemeenskap begrens
 deur die wet van regverdigheid.


Dit klink korrek. Die probleem is dat dit in die praktyk alles behalwe
 vanselfsprekend is. Ons het in ons dae dit beleef dat diktators en verkose
 presidente mense sonder meer laat doodmaak het wat in hulle pad gestaan
 het … en niemand het die vermoë gehad om selfs beswaar te maak nie.
 Die wet van regverdigheid voer maar 'n sukkel·bestaan in 'n wereld waar die 
groot magte van die wêreld met die beste fisiese en geestelike wapens denkbaar,
 die lewenspatroon bepaal.


Die slag van Graspan was die begin van 'n aksie van die destydse magtige 
Engelse Empire. Met 'n kwart miljoen soldate is die twee Boere-republieke
 van die kaart gevee omdat Engeland die eerste reg sou hê op die diamante
 van Kimberley en die goud van die Witwatersrand. En die wet van regverdigheid 
het nie eers ter sprake gekom nie. Daardie minagting van’n elementere kenmerk
 en eis van beskaafdheid het, te wyte aan  daardie optrede, die kenmerk van
 die twintigste eeu geword.


Die mag van die meerderheid en die minagting van regverdigheid, wat eintlik die twee kante van dieselfde saak is, is die manier om die mensdom in ’n nuwe slawerny te dompel en dan is dit nogal merkwaardig om te sien wie almal daaraan meewerk.