KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Sunday 11 December 2011

DIE STRYD OM BEHOUD VAN ONS BOERE ERFENIS GAAN VOORT



11/12/2011

Die Stryd om die behoud van ons Boere-erfenis

 Sedert ons in hierdie land kom bloei het tot volk, is daar 'n Sataniese
aanslag teen ons om ons te vernietig. Hierdie "klein, windgerukte
westerloot, wat hier in die Suide stam kom stoot," was deur die Almagtige
 bestem om 'n besonderse volk te word, iets heel anders as al die ander
volkere in die wêreld. Enig in sy soort - die Boerevolk. 'n Volk wat gegroei
 het uit die grond benat met die bloed en trane van martelare. Man, vrou en
 kind. Wie dit wil ontken, moet ook bereid wees om die Almagtige se ingryping
in die lotgevalle van Volkere en nasies te ontken!







Die wonder van ons bestaan is 'n beskermende daad van 'n Hoërhand wat al die
 menslike begrip en insig ver te kort laat skiet om dit te verklaar.  Wat bestem was om 'n groentewinkel te word, gestig deur 'n korrupte Kompanjie-amptenaar,  het wasdom kom vind in 'n volk;  die Hollanders kon
 ons nie beheer nie en die Engelse kon ons nie slawe maak nie. Die wye oopruimtes van 'n ongekerstende binneland het ons na Vryheid gewink. Diespieslem van die barbaar en die verbryselde kopbene van kinders, het vure van Vryheid in ons aan die brand gesteek wat al weer lê en smeul.





 Vandag se aanslag mag dalk die ergste wees wat ons nog beleef het. Die
 moderne aanslag is om ons te laat verkleur en ons grond finaal van ons weg
 te steel. 'n Goeie slaaf is 'n verbasterde  en besitlose slaaf.  Dit is nie
 grond wat hulle wil hê nie, dit is uitwissing wat beoog word!

Daarom moet ons erfenis ten gronde gaan - vernietig word

.



Dit waarvoor ons voorsate gely, gestry en gesterf het, moet bevraagteken
 word en in die proses afgebreek word deur dit verdag voor te stel. Ons
kerkhowe moet verval en ons monumente vernietig word deur die bestaan
 daarvan verdag te maak en ons eie motiewe as verdag en agterlik voor te hou.
 Die vyande begin juig en die getalle van die Hendsoppers groei. Maar ons?
 Ons weier om in te gee of oor te gee.  Ons weier om ons erfenis weg te gee!











 Vrouens en kinders het 'n hongerdood gesterf eerder as om oor te gee. Vandag
 is hulle die jurie wat sal oordeel, wat ons daarvan gemaak het. Die Skepper
 van gister, vandag en môre sal ons oordeel of ons te lig bevind was. Doen
 jou plig.
Ons is Boere-Republikeine in ons murg en ons gebeente. Ons kan en sal niks
anders wees nie.

 Piet Rudolph

11 Desember 2011

 E-pos: piet.rudolph@gmail.com