KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Monday 19 December 2011

BOEREPOLITIEK? BY DIE KRUIS/PAD. VERSOENING SE G@T.


Soos n lam wat ter slagting gelei word, stap Boere met ‘n tou om

die keel saam met die ANC-regering op die ‘Nuwe Suid Afrika’ pad.

Op pad slagpale toe. Die pad waar Boere geslag was, geslag word,

en geslag gaan word. En onthou maar vir Bloedrivier, en Bloukrans;

 
– en die feit dat dit 2011 is, en die slagting meer instrumente

bygekry het asook n massa vrywilligers wat die slagting van

Boere uitvoer.

Ons sit met ‘n hele regering vol marxistiese, en ongeletterde

diktators wat ons lewens regeer. Bykans 1 miljoen van hulle.

En elkeen van hulle het die vermoeë en toenemend die wil om

ons lewens te verwoes. Van die swart polisieman/staatsgeborge

terroris wat die vrou in haar kar doodskiet, of misdadigers na die

moordtonele toe aanry, en dan weer huis toe vat soos in die

Vaaldriehoek; – tot by die verpleegster in die staatshospitaal wat

jou juis die medikasie gee waarvoor jy allergies is.

En hierdie staatsdiktators verwoes Boere se lewens, en veroorsaak

ons dood. Hetsy de-facto of de-jure. Met of sonder ‘n instruksie van

die staat. Hoedit ookal sy: – ons staan op die rand van uitwissing;

hetsy finansieël of fisies.

As die Boere finansieël uitgewis is, gaan bitter min van ons die fisiese

uitwissing oorleef. Sonder geld gaan ons in plakkerskampe in die

wintermaande omkom sonder mediese sorg, medisyne of hulp.

As ons eers finansieël uitgewis is, is die stryd verby.

Die fisiese uitwissing sal volg, sonder dat daar nog een moord van

‘n Boer gepleeg word. En ons loop hierdie pad vrywillig. Net om ons

werke te behou, is Boere binne in groot maatskappye self betrokke

by die vernietiging van ander Boere. En die maatskappye wat al

meer teen Boere diskrimineer is legio.

Natuurlik weens dreigemente van die staat. Maar meestal uit vrye wil,

en om in die ‘staat se goeie boekies te wees‛. Boere kry nie meer

kontrakwerke nie, en is ook nie meer op enige lyste van kandidate

vir poste nie. Dit is op sigself aandadigheid aan n volksmoord.

Die VN se definisies van n volksmoord lui dat : ‚die afdwing van

ekonomiese omstandighede wat dit vir hom moeilik maak om

te oorleef; is ‘n volksmoord’ En dit is teen die grondwet van

Suid Afrika om op ras in die werksplek of enige plek te

diskrimineer.
Tog verbreek die regering en ook maatskappye na willens en

wetens die grondwet van Suid Afrika.

In die proses is blankes in hierdie maatskappye mede-

verantwoordelik vir die volksmoord van Boere. Ons mede-blankes ,

help om die res se kele af te sny onder dwang.
Dit is eintlik n sieklike martelingstegniek waar jy n kultuurgroep se

lede dwing om teen sy eie mense te diskrimineer.

Dit is die werk van die Satan. En die wat daaraan aandadig is,

moet die volgende weet: as jy dit doen, is JY aandadig aan die

werk van die SATAN. As jy diskriminasie teen Boere in die werksplek

beplan, of help uitvoer, is die oordeel van God, al wat jy nog op jou

lewenspad kan verwag. Jy het die merk van die dier op jou hand, of

op jou voorkop. Jy het Jesus verlaat, en Mammon as God gekies.

Ter wille van Mammon het jy Jesus verloeën en Hom begin vervolg

waar Hy teenwoordig is in Sy kinders. Jy moet weet as jy Jesus

verloeën, is daar vir jou geen hoop nie. Net die verwagting van die

oordeel.

Daar is absoluut geen rasionalisering enigsens op enige plek en met

enige argument, om die werk van die Satan te doen, of aan dieselfde

juk te trek nie. Jy is besig om Jesus weer te kruisig as jy dit doen.

En vir die res van die skape is die einde hier. Die laaste dae. Dae

waarbinne jy nie meer kan koop of verkoop nie. Kyk maar hoe

mense nie meer hulle huise kan verkoop nie.

En die wat gebuk gaan onder Sataniese belastings wat deur dienaars

van Satan op munisipaliteite ingestel word teen Boere, vir die skuld en

krag verbruik deur die swart massas; is daar ook nie meer geld om te

koop nie. Die laaste dae is hier. Die keuse volgens die voorskrifte

van hierdie dienaars van Satan is eenvoudig: Voer ons diaboliese

beleid van diskriminasie teen jou landgenote uit, of sneuwel self.

En die meeste mense kies maar eerder die inkomste van Satan, as

die hand van God, om voedsel te bekom. En in die proses, verloor

hulle hul siele.

So wat is die vurk in die pad?

Die eerste vurk in die pad is dat vir gewone Boergesinne is daar

ellende en armoede op pad.
Die diskriminêrende maatreëls van n kriminele staat, dwing armoede

op Boere af. En daarna volg die fisiese verswakking van individue.
Mediese sorg, en gesonde voedsel bly in die slag. En dit beïnvloed

die lewensverwagting van mense.

Boergesinne is besig om interne ballinge in Suid Afrika te word.

Bejaardes in ouetehuise trek in armoedige plekkies in, omdat

hulle nie meer die verhoogde rassistiese munisipale belastings kan

betaal nie. En daarmee saam is hulle mediese sorg ook heen.

Gewone gesinne moet nou n keuse uitoefen tussen veelvuldige

reuse-uitgawes elke maand.
Die keuse van wat om te betaal wissel tussen die volgende:

huispaaiemente; water en ligterekening; kos; motorpaaiement;

Elkeen van hierdie uitgawes is ewe groot.

In die verlede was dit bloot die huis; en motorpaaiement waarmee

jy moes rekening hou. Nou is daar nog twee by. En dit alles te

midde in regstellende aksie, wat een van die broodwinners werkloos

laat, en binnekort beide werkloos laat. En n staat wat die verkoop

van jou huis verongeluk het deur eensydig die kredietwette te

verander sonder kompensasie of plan vir die huiseienaars wat nou

vasgevang was in die eiendom. En my probleem hiermee is dat

die dag toe jy jou huis gekoop het, was daar wilsooreenstemming

tussen jou en die bank.

Jy het die eksterne omgewing in ag geneem voordat jy die besluit

om te koop gemaak het. En dit het die huidige kredietwette in ag

geneem, en jy het besluit om die huis te koop met die wete dat jy

jou kapitaal wat jy in jou huis belê sal kan terugkry, of dat die

eiendomsmark sodanig is dat jy jou huis weer sal kan verkoop.

Die staat se eensydige verandering aan die kredietvereistes

beteken nou dat jy vasgevang sit in jou eiendom met min kans om

dit te verkoop. En as jy die slagoffer word van regstellende aksie,

of jou finansiële situasie wil verander, kan jy dit nie meer doen nie.

MAAR jy word nog steeds vir die paaiemente aanspreeklik gehou

deur die bank?

Volgens my, het die hele ooreenkoms tussen jou en die banke

verander, die dag toe die staat die wette verander het, wat

dit vir jou moeilik of onmoontlik maak om jou huis te verkoop.

Die staat het eensydig jou teenprestasie onmoontlik
gemaak teenoor die bank. En daarom is dit my opinie dat

huiseienaars wat sukkel om hul huise te verkoop, daarop moet

aandring dat alle fondse wat hul reeds in die huis inbetaal het,

as kapitaal aan hulle terugbetaal word, tesame met rente en

deposito’s. En daarmee saam dat die huise daarna deur die

banke in besit geneem word.

Jy is nie verantwoordelik vir skuld aan banke, as die staat jou

prestasie onmoontlik maak nie. Soos dit nou is, word jy

gekriminaliseer vir die handelinge van n kriminele en kommunistiese

regering. Dieselfde met individue wat deur regstellende aksie

geraak word. As jy as vrou sukkel om die mas op te kom omdat

jou man nie kan werk kry nie, is jy dan steeds verantwoordelik

vir kredietkaarte, en ander betalings?

Hierdie ANC regering dwing ekonomiese maatreëls op ons

af, wat dit moeilik maak vir ons om te oorleef, en net dit

is volgens die VN se definisies, reeds n volksmoord.

So as jy die slagoffer van kriminele volksmoordwette is, hoe kan

jy verantwoordelik wees vir skuld wat jy nie kan betaal nie? Hoe kan

jy verantwoordelik gehou word vir n kriminele staat se volksmoordwette?

Hoekom moet jy die pyne vat vir n staat wat wette implimenteer wat

dit onmoontlik maak vir jou om finansiele teenprestasie teenoor

skuldeisers na te kom ?

Jou verweer is eenvoudig : ‘Hierdie regering maak my deel van die

nakoming van die kontrak tussen my en jou..( bank X) onmoontlik

, en is alleen daarvoor
verantwoordelik dat ek nie my kontraktuele verpligtinge kan nakom

nie.‛ Die saak is tussen die banke en die regering, nie tussen jou en

die banke nie.

Die staat se wette lei dus daartoe dat ons as Boere gekriminaliseer

word deur landswette. En dit is boosaardig, onaanvaarbaar, en

moet deur regsgeleerdes ondersoek word. Die remedie is nie

bankrotskap, of swartlys of enigiets teen Boere wat hulle naam

beletsel nie. Die regsremedie is die onmoontlikmaking van prestasie

vir Boere in enige kontrak, deur die kriminele ANC regering. Punt.

En al het albei individue in n huisgesin nog n werk, is die vraag :

Ja, en ‚so what?‛. Jy kan niks met jou geld doen nie. Jou geld is

n tiende werd van dit wat jy in die weste daarmee kan koop.

Jy kan vir n tiende van die prys n soortgelyke motor in Amerika,

Kanada, Engeland en ander plekke koop. Jy kan 3 hamburgers

met gratis koeldrank koop vir 3 dollars in Kanada en die VSA.

Jy kan ontwerpersjeans koop vir n paar dollar in Amerika en

Kanada. En al gebruik jy die wisselkoers, is dit steeds n

tiende van die plaaslike prys. In Kanada betaal die staat

jou n addisionele inkomste, as jou inkomste laer as die

gemiddelde is. Jy kry gratis mediese sorg van hoëstaande

gehalte in die lande. In Suid Afrika kry jy niks vir jou

belastinggeld nie.

Lees wat Rhoda Kadalie kwytraak in Ryland Fischer se boek: "Race".

Vir die meeste is dit algemene kennis.

So die eerste vurk in die pad reg voor ons is algehele

armoede, plakkerskampe, en hel in die winter en tydens

siektes en tydens etenstye. Dit is n feit.

Rene Kruger, n CA het uitgewerk dat ons in die jaar 2015,

ongeveer R15 000 per maand net aan munisipale rekenings gaan betaal.