KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 10 December 2011

"POLISIE VERKRAG MY"

NOU VRA EK VIR JULLE, HOE LANK NOG??? HOE LANK MOET
 ONS SIT EN KYK HOE ONS MENSE VERKRAG WORD???




Twee polisiesersante is in hegtenis geneem ná die verkragting van ’n
 jong vrou van Sandton. Haar suster is in ’n afsonderlike voorval op byna
 dieselfde tyd ook verkrag.

Die polisiemanne het die 27-jarige suster na bewering verlede week
 sowat ’n kilometer van haar 24-jarige suster se woonstelkompleks in
 Paulshof, Sandton, op die agtersitplek van haar motor verkrag.

Haar suster is terselfdertyd in die veld buite die kompleks deur twee
 ander mans verkrag.

Die polisiemanne wat van die verkragting van die 27-jarige verdink word
, het albei susters vroeër voor die kompleks van die pad laat aftrek.

Hulle was op pad terug van ’n Kerspartytjie van die oudste suster se
 werk en wou omstreeks 22:15 by die kompleks se veiligheidshek
 indraai.

Die twee polisiesersante, onderskeidelik 28 en 43 jaar oud, is eergister
 in hegtenis geneem in verband met die ouer suster se verkragting.

Hulle het vlugtig in die hof verskyn en sal Maandag om borgtog
 aansoek doen.

Lt.kol. Tshisikhawe Ndou, provin­siale polisiewoordvoerder, sê
 inligting oor die aanval op die jonger suster is nog vaag.

Volgens die susters het die polisiemanne hulle beveel om uit te klim
 en hul hande op die motor se dak te sit.

Hulle is vir dwelms deurgesoek en is gevra of hulle gedrink het.

Die 27-jarige het gesê hulle het ’n paar drankies gedrink, maar is nou
 by die huis. Sy wou kort daarna na haar huis in Fourways ry, maar is
 enkele kilometers verder deur ’n polisiemotor voorgekeer.

“Hulle het met ’n flitslig gewys ek moet aftrek,” het sy gister vertel. Sy
 het gesien dis dieselfde polisiemanne.

“Die een het by my venster ingeleun en my sitplekgordel losgemaak en
 my toe uitgepluk. Ek het eers gedink hulle gaan my arresteer, maar toe
 sleep hy my om die kar . . . ”

Die polisieman het haar na bewering op die agtersitplek vasgepen
 en verkrag. “Ek het net gedink dat dit verby is, toe kom die ander een . . . ”

Die vrou het in ’n stadium haar bewussyn verloor.

Haar suster het intussen agtergekom dat sy nie haar huissleutels by
 haar het nie en het in die pad uitgehardloop om haar suster voor te keer.

Sy is oorval deur twee mans in ’n rooi Opel, wat volgens die susters
 vroeër naby die polisie geparkeer was.

“Hulle het my in die lang gras in die veld ingesleep,” het sy gesê.

“Ek het probeer om nie na hulle gesigte te kyk nie omdat ek hulle nie
 ’n rede wou gee om my dood te skiet nie.”

Die vrou se kêrel het haar later in ’n histeriese toestand in die veld
 sowat 300 m van die kompleks af gekry.

Die ouer suster het gesê dit was verskriklik traumaties.

“Ek het eers net op die kombuisvloer lê en skree; my kêrel kon nie
 naby my kom nie. Toe die traumaberader in die hospitaal sy baadjie
 uittrek, het ek ook heeltemal histeries geword.

“Die polisie het eers vier dae later my motor ondersoek. Dit het in my
 oprit gestaan as ’n konstante herinnering aan wat gebeur het.

“Ek word nou elke keer benoud wanneer ek ’n polisiekar sien.”

Die saak teen die twee polisiemanne is intussen aan die onafhanklike
 klagtedirektoraat oorhandig en die oorspronklike ondersoekbeampte
 is vervang.


“Ek word nou elke keer benoud wanneer ek ’n polisiekar sien,” het die 24-jarige vrou vertel.