KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 24 December 2011

SEUN VAN KAAPSE SKILDER VERMOOR.


STELLENBOSCH. – Die seun van een van Suid-Afrika se voorste
 kunstenaars is Sondagaand in sy huis in Bezuidenhoutsvallei,
 suidoos van Johannesburg, met ’n byl doodgekap.
Wyle David Botha, wat in die Paarl gewoon het, se seun en naamgenoot,
 mnr. David Botha jr. (58), is Maandag reeds deur sy werkgewer gesoek
, maar sy liggaam is eers Woensdag ontdek.
’n Buurvrou van Botha, me. Sonja Schiessling, het gesê hy het voorheen
 dreigbriewe ontvang en sy motor is verlede jaar voor haar woonstel
 aan die brand gesteek.
“Woensdag het ek en twee vriende hom gaan soek by sy huis, want
 ons het bekommerd geraak omdat ons niks van hom hoor nie. Ons
 het hom daar gekry. Alles was vol bloed en daar was ’n byl.”
Me. Jane Botha (82), David jr. se ma, het gister uit die Paarl gesê sy het
 20 jaar ouer geword sedert die familie die skoknuus gekry het.
“Ag, hy was só talentvol, maar hy het in die skaduwee van sy pa gelewe.
 Hy was baie kreatief, geweldig veelsydig, maar hy het nooit soveel
 erkenning gekry nie. Sy passie was om veteraankarre te restoureer
 – hy was gaga oor hulle!”
Botha se dogter, me. Stephanie Botha (21), is tans in Chili.
Amanda Roestoff berig uit Johannesburg brig. Danie Louw,
 polisiewoordvoerder, het gesê die polisie se taak om Botha se
 liggaam op te spoor, is bemoeilik deur die groot hoeveelheid
 skrootyster in die huis. Sy liggaam is in ’n gang onder ’n hoop
 ysters gevind.
“Ons het ’n byl gekry, wat ons vermoed die moordwapen is.”)Botha sr
. (1921-1995) word gereken as een van die ou meesters van die
 Suid-Afrikaanse skilderkuns. Sy naam word in dieselfde asem genoem
 as dié van Hugo Naude, Terence McCaw en Nita Spilhaus.