KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 24 December 2011

HUISWERKER DEEL VAN ROOF.



WANNEER GAAN DIE MENSE LEER OM NIE HULLE SOGENAAMDE
HUISBEDIENDES TE VERTROU NIE??? MAAK OOP JULLE ORE!!!
JOU "GETROUE" WERKSTER SAL NIE TWEE KEER DINK OM JOU
TE LAAT VERMOOR OF DIT NOG SELF TE DOEN NIE.

Dink mooi voordat jy jou huis en eiendom in die sorg van ’n huiswerker
 laat sonder om dié persoon se agtergrond behoorlik te ondersoek.

So het insp. Nico Pretorius van die Hercules-polisie in Pretoria se speurtak gister
 gesê nadat ’n groep rowers en huiswerkers vasgetrek is weens hul beweerde
 betrokkenheid by twee huisrooftogte.

’n Huishouding van Pretoria Tuine is beroof glo nadat hul huiswerker wat sowat
 sewe jaar daar gewerk het met die rowers saamgesweer het.

Kort tevore het dieselfde rowers glo toegeslaan op ’n huis in Suiderberg waar
 ’n huiswerker kort tevore afgedank is.

Mnr. Albie (47) en mev. Hantie (45) van Niekerk het pas met vakansie vertrek
 toe rowers op 15 Desember op hul huis in Pretoria Tuine toegeslaan het.

Hul huiswerker het glo beweer sy en haar vriendin is deur vyf rowers oorval en
 bedwelm.

Die Van Niekerks se swart labrador, Amy, is vergiftig en vuurwapens en ander
 eiendom gesteel. Hul seun, Elmo (25), was gelukkig dié dag by die werk.

Albei vroue is hospitaal toe.

Die Van Niekerks se huiswerker is kort daarna gearresteer.

Sy het gister saam met drie vermeende rowers en die afgedankte huiswerke
r van die Suiderberg-huishouding in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Volgens Pretorius is die saak tot 30 Desember uitgestel. Die polisie soek glo
 na nog ’n man.

Hulle wag ook nog op toetsuitslae om vas te stel wat die vrou in Pretoria Tuine
 ingekry het. Die Van Niekerks se huiswerker word glo ondersoek weens beweerde
 regsverydeling, poging tot moord (glo omdat die vriendin vergif is), opsetlike
 saakbeskadiging, (weens die vergifting van die hond) en huisroof.

Die huiswerker van Suiderberg het glo ’n nuwe huiswerker gewaarsku oor die
 beplande rooftog daar op 13 Desember.

Videomateriaal het glo gewys hoe die rowers met ’n bakkie op die toneel afgelaai is.

’n Ondersoek na die mans se selfoongeskiedenis het glo getoon daar was oproepe
 van die Van Niekerks se huis na die mans gemaak.

Dit het glo die twee sake verbind.

Volgens Pretorius is dit nie die eerste keer dat hy sulke voorvalle teëkom nie.

“Mense vertrou hul huiswerkers. Hulle gaan weg vir Kersfees en los sommer ’n stel
 motorsleutels in die huis.

“Mense moet baie versigtig wees wanneer hulle huiswerkers in diens neem.
 Kontak die polisie en ondersoek haar agtergrond.”

Mev. Van Niekerk het gister gesê hulle is stomgeslaan.

“Ons het haar met ons lewe vertrou en goed behandel. Sy het dikwels vakansies
 ons huis en honde opgepas.”
.