KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Monday 12 December 2011

"EK HAAT WITTES,`SE POLISIELID OP FACEBOOK.



“As die swart Messias (Nelson Mandela) doodgaan, sal ons die wittes ’n les leer
. Ons sal volksmoord teen hulle pleeg: Ek haat wittes.”


Dié woorde van ’n polisieman op die Facebook-blad van mnr. Julius Malema,
 geskorste leier van die ANC-jeugliga, het hom ’n interne ondersoek op die
 hals gehaal.


Kapt. Dennis Adriao, nasionale polisiewoordvoerder, het bevestig dat lt.genl
 Khomotso Phahlane, hoof van die forensiese la­bo­ra­to­rium­dien­ste en
 misdaadgeskiedenis­sentrum, ’n interne ondersoek gelas het na mnr.
 Juda Dagane.


Op sy Facebook-blad sê Dagane hy is ’n forensiese ontleder en ondersoeke
r in die polisie. Volgens Adriao is Dagane ’n klerk in die polisie se forensiese
 departement in Gauteng.


Dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie,
 het gesê hy is bly die polisie die ondersoek saak, want afgesien daarvan
 dat dit wat Dagane op Facebook geskryf het haatspraak is, is dit ook
 strydig met die polisie se regulasies.


Dagane het op 19 November vanjaar op Malema se blad geskryf
 “swart apartheid” moet ingestel word, ’n volksmoord moet teen wit
 mense gepleeg word en dat hy wit mense haat.
“Wittes het geen plek in ons harte en gedagtes nie. Viva Malema,” het
 Dagane geskryf.


In sy laaste inskrywing op sy muur op 7 Desember het Dagane geskryf:
 “Wie het gesê ’n polisieman kan nie polities wees nie? Ek is ’n stoere
 ondersteuner en kaartdraer van die regerende African National Congress
 (ANC). Die polisiewet laat dit toe.”


Burger het gesê kragtens die polisie se regulasies mag polisielede tot ’n politieke
 party behoort, maar hy mag nie ’n openbare amp in ’n politieke party beklee
 of openbare politieke uitsprake maak nie.


“Indien die lid hom op Facebook as ’n polisielid geïdentifiseer het, is sy
 optrede teen die polisie se voorskrifte,” het Burger gesê.


“Wanneer sulke uitsprake op Facebook gemaak word, is dit openbare uitsprake.”


Dagane het nie op navrae gereageer nie.