KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 20 December 2011

TER NAGEDAGTENIS AAN JOPIE FOURIE

Geagte Volksgenote


Vandag die 20 ste Desember is Jopie Fourie dag.


Ek plaas eerste n gediggie oor Jopie Fourie;







Ter gedagte aan Jopie Fourie

Kom Boerekrygers waar is julle nou
Kom nader en maak tog gou
die stryd gaan netnou begin
en wragtig….. ons is dan so min

Moet tog nie dat die vrees jou pak
Of dat jou moed in jou skoene sak
Die bloed van Jopie het die boom benat
Ek kan getuig daarvan in my Boere hart

Daar voor die vuurpeleton het Jopie geweet
Dat sy bloed nie verniet gaan giet
Vir hom en Suzy is daar geen kind gebaar
Maar n hele geslag sal die gedagte aan hom spaar

Jopie het vir ons gesterf
Sodat ons die vrijheid kan beerf
Hy het geweet dit gaan op ons harte wees
Dat hy sal lewe in die gees

Voordat Jopie sy psalm klaar kon sing
Is dit tien koels wat sy hart in dring
Sy kop sak leweloos op sy bors
Maar Jopie se siel kon hul nie bemors

Hy het gesterf vir vrijheid van die Britse ryk
Soos sy vaders dan uit die Kaap van hul gewyk
Vandag dra ons weer die juk van slawerny
Wees getrou aan God wat ons gaan bevrij

Boerekrygers kom ons bid nou saam
Vir ons edel bloed is ons nie skaam
Met min getalle het ons geen probleem
Want ons het tog die regte geen

Boerekrygers kom laat ons veg
Vir onse kinders en vir reg
Ons het geen eer aan Hom gegee
As ons verbonde met die vyhand smee

Kom Boerekrygers ons kan nie langer wag
Vrijheid is dit waarna ons kinders so smag
O Boervolk wat n blye wonderlike ding
Wanneer ons weer die volkslied sing

Ek vereer hiermee nie die jongman Jopie Fourie nie, maar sy geloof, insperasie en rugraat.


Ek gaan nie al die feitlike kennis oor Jopie plaas nie, daar is heelwat bronne wat u kan naslaan indien dit u intreseer, ek poog egter hiermee om die leser te versoek om n oomblik van stilte aan te kondig om die gebeure in herhindering te bring en so dan ook ons opkomende geslagte bekend te maak met die deel van die geskiedenis. Ek vereer ook nie die dag nie, en stel die dag nie bo ander dae nie.


Jopie Fourie het gesterf omdat hy geveg het vir vryheid van sy eie volk, en dit het hy eerbaar gedoen. Die rebeleering teen die Britse mag was in ooreenstemming met die Verde van Vereeniging se klousule dat die Boer sy vryheid kan terugkry. Die Unie van SA het dit nie gedoen nie, en Jopie was ten tye kinderloos en dus het hy gesterf ten bate van sy volksgenote.


Sy woorde dat sy bloed die boompie sal natmaak val my altyd by, en dit is ook baie waar. Jopie se bedoeling van die boompie is dan ook sy volk, en dit is ook in ooreenstemming met die Kontrak wat by Bloedrivier en Opatikloof tussen die Almagtige Vader en die Boere gesluit was. Hulle Huis en Jopie se Boompie is beide bedoelend op die Boervolk.
Wat belangrik is rakende Jopie Fourie was sy geloof, en uit sy sterk geloof het hy die vrees oorheers, vrees is die afwesigheid van geloof. Jopie het sy teregstellers vas in die oe gekyk met die wens dat hy in die hart geskiet word.
Jopie vaste geloof gehad dat die Boervolk eendag weer sal opstaan en hul vryheid sal opeis, met tye in ons geskiedenis het dit wel gelyk of dit n saak van onmoontlikheid is, maar vandag kan ons sien dat dit al meer n realiteit word, die Boervolk is besig om op te staan, en wat dit nog beter maak is dat die Boervolk soekend na hul Herder is, die volk bekeer daagliks uit die kerke uit en begin met nuwe ywer hul Bybels self lees, na dosyne pogings uit mense hande is party wel mismoedig, en dit is dan ook deel van die bekeerings proses, die Boervolk kom agter dat ons net een weg het, dit is om by ons Herder te gaan skuil.


Om Jopie se wens te respekteer dat sy bloed die volk se siel benat moet ons dan ook self n poging aanwend om ons volksgenote aan te spoor om verset te toon teen die aanslagte teen ons. Hierdie aanslag is dan ook teen ons God en ons naaste (volksgenote en ongebore nageslag) om die Boervolk te kan oorwin moet die vyhand ons kan verlei weg van ons Vader.


Hoe kan ons die verleiding identifiseer?
Kyk na jou eie geloof, kyk na die kerk of groep waar jy aanbid en weeg dit op of dit ten bate van jou eie naaste propageer en of dit teenoor iemand anders se naaste propageer. Indien jou kerk of geloofsgroep almal as jou naaste beskryf dan behoort jy te weet dat dit nie op die regte pad is nie. Die meeste hedendaagse kerk groepe verkondig dat jou verste ook jou naaste is, en dus is jy dan reeds verlei.....Onthou dat Emmanuel gese het dat die twee gebooie ewe sterk staan en alles varder daaraan hang, die twee is Liefde teenoor die Almagtige Vader en liefde teenoor jou naaste. Om jou dus te verlei deur jou te laat glo dat jou verste ook jou naaste is, vertroebel hierdie gebod waaraan alles verder hang. Omdat die twee gebooie die selfde waarde het is jou liefde tot God ook dan vertroebel en jy nie jou naaste liefhet nie maar jou verste.


Hoe om jou naaste werklik te bepaal?
Jy kan die Bybel gaan deursoek en sien dat jou naaste en volksgenoot saam beskryf word.
Verder kan jy n eenvoudige toets doen; Jy na jou eie kind en n vreemdeling (Selfs van die selfde ras) dan besluit jy of indien jy net een van die twee kan red, wie sal dit wees. Indien dit jou eie kind is wat jy sal red dan begin jy verstaan, en nou moet jy besef dat jou eie kind ook kinders sal moet voortbring wat soos hy is en dus soos jy. Om sulke kinders te kan voortbring het jy tog ander volksgenote se kinders nodig? Dus moet jy besef dat jou mede volksgenoot se bloed met jou eie gaan vermeng in die toekoms, en dus gaan hulle dus bloed van jou bloed word.
Iemand met wie jy nie vrywillig jou eie bloed mee sal vermeng nie, gaan dus nooit bloed van jou bloed word nie? En dus gaan dit nooit deel word van jou naaste naastes nie?
Daarom is dit nodig dat jy deel word van die stryd om oorlewing van daardie mense wie jou nageslag gaan verseker.


Kom ons wees n rukkie stil en dink aan Jopie......daarna neem ons dit op om ook n Jopie te wees en die volksboompie te benat met die boodskap van Naaste liefde, sodat ons ook die liefde van ons Vader kan verstaan.


Groete
Marius