KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Thursday, 15 December 2011

DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER.



Nadat die Trekkers by Bloedrivier laer getrek het het die lang wag vir die
 Zoeloe-aanval begin. Vroeg in die oggend, nadat die mis gelig het, het meer
 as 10 000 Zoeloes hulle op die laer met sowat 460 man gestort. Drie
 aanvalle is gedoen maar nie een keer kon die Zoeloes deur die skanse
 breek nie.

Nadat die derde aanval ook onsuksesvol was was daar 'n verposing waarin

 die Zoeloes hulle vir nog 'n aanslag voorberei het.




Pretorius het hierdie geleentheid vir 'n teen-aanval ingespan, so verrassend

 dat die Zoeloes op die vlug geslaan het. Die Trekkers het hulle agtervolg.

In die slag is meer as 3 000 Zoeloes dood, terwyl, verstommend, slegs drie 

Trekkers lig gewond is.

Vir die Trekkers was die oorwinning sonder twyfel te danke aan Godddelike

 ingryping.

Die filantrope en die Engelse oor die algemeen het deurgaans dié aanspraak

 verwerp want dan sou dit beteken dat God aan die kant van die Trekkers was
. Tot 'n groot mate lê die reg van die Afrikanervolk tot vandag toe opgesluit in
 die gelofte wat voor die slag deur die Trekkers gemaak is én die aanvaarding
 van die gelofte deur God.




Die grootste argument van die teenstanders van die Gelofte is dat die 

Trekkers weens hul gewere die Zoeloes, met assegaaie gewapen,
 oormagtig was.

Die historikus P.F. Bruwer verklaar (Vir volk en vryheid, bls 184) skryf die

 Slag van Isandhlawana tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog in 1879 toon dat
 die rede nie water hou nie. Die 1 350 Engelse, (drie keer meer as die
 Trekkers) gewapen met baie beter gewere as die voorlaaiers van die
 Trekkers kon nie 'n Zoeloe-leër van 10 000 troef nie. Isandhlawana was
 'n volslae militêre sukses vir die Zoeloes wat in daardie slag dieselfde
 taktiek as tydens die Slag van Bloedrivier gevolg het.
Blyke dat die HERE die Trekkers in hul oorwinning gehelp het





Dr. Willie Marais stel dié saak as 'n vraag in sy boek, Geloftedag en die

 toekoms van die Afrikaner.

Hy merk die volgende op (bl 6):

Die Trekkers het 'n uitmuntende leier gehad. Hy was 'n uitstekende taktikus

 wat oor krygsvernuf beskik het. Dié vernuf is so toegepas dat die vyand
 verras en verwar is.

Die Trekkers het 'n gunstige slagveld uitgesoek. Die terrein was gelyk,

 sonder bosse en met onbeperkte uitsig. Die walaer was teen 'n diep
 sloot wat aanvalle uit die suide en ooste bemoeilik het. Die laer is
 versterk deur veghekke tussen die wawiele aan te bring.




Die Trekker het oor gewere en twee kanonne beskik teenoor die assegaaie

 van die vyand.

Die Trekkers was vasberade. Die onverskrokke Zoeloes se getalle was egter

 oorweldigend ('n Geskatte tussen 10 000 en 15 000).

Dr. Marais verwys na 'n paar "onverklaarbare dinge":

Die 800 beeste en 300 perde het nie tydens die slag paniekbevange geraak nie.

 Die Trekkers, kundig wat dieregedrag betref, het dit aan God se beskikking
 toegeskryf.





Die Zoeloes het nie in die nag aangeval nie. Die laer was in mis gehul.

 Indien dit wel gedoen is sou die sout in die kruit vog getrek het en skote
 nie afgaan nie. Waarom het die Zoeloes nie in sulke gunstige omstandighede
 tot die aanval oorgegaan nie?

Die lanterns aan die sweepstokke by die walaer het die bygelowige Zoeloes

 die Trekkers van toorkuns laat verdink.




Dit het nie gereën nie. Desember is reëntyd in Noord-Natal. Die reën sou die

 buskruit in die pangewere eweneens ondoeltreffend maak. Die son het helder
 tydens die geveg geskyn sodat die Trekkers sekuur kon skiet. Sommige
 Zoeloes het wel gewere gehad en het geweet wat vog aan die kruit doen
. Waarom het die Zoeloes nie vir die reën gewag nie?

Die Zoeloes het nie soos hulle gevestigde gebruik was saam aangeval nie.

 Waarom nie?

Daar is aangevoer dat sodra die pangewere onhanteerbaar warm geword het,

 die Zoeloes teruggeval het, so asof deur 'n onsigbare hand teruggestoot.
 Eers wanneer die gewere afgekoel het het die Zoeloes weer tot die aanval 
oorgegaan.