KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 31 December 2011

VIER VAS WEENS MOORD.




VIER mans is gisteroggend weens die onlangse moord 
op mnr. Thomas Ferreira (54), boer en eienaar van die
 Shell-vulstasie by die Tom’s Place-oord buite Bloemfontein, aangekeer.
Die vermoorde Ferreira se suster, Michelle, wat die aand van Sondag
 27 November op haar broer se lyk afgekom het, sê een van die
 vermeende moordenaars het vroeër vir hulle gewerk en sy het jare
 gelede ook vir hom skoolgehou.
Lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, sê al vier die mans is
 gister in die vroeë oggendure deur die polisie se direktoraat vir die 
ondersoek van voorkeurmisdade (Valke) by hul huise in Batho en 
Bloemspruit in hegtenis geneem.
Ferreira se selfoon, die enigste artikel wat geroof is toe hy vermoor
 is op die plaas waarop hy grootgeword het, is ook deur die polisie teruggekry.
Wrensch sê die mans, almal in hul vroeë 30’s, sal Dinsdag in die
 Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van moord en roof verskyn.
Wrensch sê die Valke verwag om nog verdagtes aan te keer. Sy sê die 
polisie het ook op ’n voertuig beslag gelê wat na bewering in die aanval
 gebruik is.
Ferreira is herhaaldelik deur sy plaashuis se kombuisdeur geskiet. Hy
 het dit in sy swaar gewonde toestand reggekry om sy aanvallers af te
 weer. In ’n poging om hulp by sy plaaswerkers te gaan soek, het hy
 aan sy wonde beswyk.
Sy vrou, dr. Marita Ferreira, ’n lektor in Afrikaans aan die Sentrale
 Universiteit vir Tegnologie, en sy dogter, Roux-Cil (22), wat pas haar
 honneursgraad in aktuariële wetenskap aan die Universiteit van die 
Vrystaat verwerf het, was nie op die plaas nie.