KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 27 December 2011

BOER RY MET GEBREEKTE ARMS NA PLAASAANVAL.



PIETERMARITZBURG. – ’n Boer van Ixopo in KwaZulu-Natal moes vir langer as ’n uur sy kar met sy bene na veiligheid bestuur omdat rowers vroeër albei sy arms met pangas en ’n graaf
 gebreek het.
Mnr. Donald Strachan (52) se arms is Kersnaweek verskeie plekke gebreek
 soos hy die rowers se houe van sy gesig en kop probeer weghou het.
Hulle wou geld en vuurwapens hê.
Die aanvallers het later sy gebreekte arms agter sy kop met toue en kabelhegters
 vasgebind en ’n plastieksak oor sy kop getrek.
Hulle het Strachan toe in die agterste sitplek van sy Mercedes-Benz gedwing en
 met hom na die Transkei gery.
Daar het hulle ’n medepligtige in ’n ander motor ontmoet, waarna hulle weggery
 en vir Strachan, nog vasgebind, net so in sy motor agtergelaat het.
Strachan kon daarin slaag om hom los te wikkel en met sy gebreekte arms en al
 sowat 10?km ver na die naaste grenspos, Umzimkulu, te ry.
Strachan, ’n geskeide pa van twee kinders, reken sy “pynlike ervaring” het sowat
 ses uur geduur, vandat hy aangeval en eindelik op 24 Desember opgeneem is
 in die St. Anne-hospitaal.
Hy glo sy lewe is gered deurdat sy arms die ergste geweld van die aanval verduur
 het. Volgens hom het die rowers die plaashuis kaal gestroop soos hulle op soek
 was na geld en wapens.
“Hulle het die sleutels van die kluis in die hande gekry en ’n handwapen,
 haelgeweer, twee ander gewere en ’n groot hoeveelheid ammunisie gesteel.”
Strachan het gesê hy het net R200 by hom gehad, omdat hy sy werkers reeds voor
 Kersfees betaal het. Ondanks dié aanval het Strachan gister na sy groenteplaas
 teruggekeer.