KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 23 December 2011

MEISIE (5) SE TOESTAND VERSWAK NA KOBRA-BYT.


JOHANNESBURG. – Die vyfjarige Mikayla Robbertse van Lephalale (Ellisras)
 wat vandeesweek deur ’n Mosambiekse spoegkobra gebyt is, se toestand
 het skielik verswak.
Haar ouma, Charmaine, het gister gesê haar lewer het vergroot en dokters
 is bekommerd oor haar niere.
Dit lyk boonop of die weefsel tot in haar borskas deur die slang se gif aangetas is.
“Die dokters het gesê as ons haar net kan deurtrek tot Sondag?.?.?.?ek het
 daarom maar al die kinders na Pretoria laat kom.”
Mikayla is intussen oorgeplaas van die Netcare-Montana-hospitaal na die
 Steve Biko-hospitaal in Pretoria, omdat haar gesin nie tot ’n siekefonds behoort nie.
Sy word nou in Steve Biko se waakeenheid behandel.
Die slang het haar Maandagaand in haar bed gebyt.
Die Robbertse het haar dadelik na die Lephalale-staatshospitaal gebring waar
 sy teengif gekry het.
Sy is van daar na ’n private kliniek en toe na Pretoria.
“Hulle het van die begin af vir ons gesê haar toestand kan binne sekondes
 versleg. Haar lyfie is so klein, nou moet haar lewer hard werk om die gif en
 medisyne te hanteer.”
Volgens mev. Robbertse weeg Mikayla net 15?kg. Sy is glo baie swak.
Volgens prof. Graham Alexander, slangkenner aan die Universiteit van die
 Witwatersrand, beweeg die molekule in ’n Mosambiekse spoegkobra se
 gif baie vinnig deur weefsel.
Dit kan plekke van nekrose weg van die bytplek veroorsaak en in die heel
 ergste gevalle kan mense nog maande lank weefsel verloor.
Mev. Robbertse het gesê die dokters gaan nog eers wag voordat hulle dooie
 weefsel begin wegsny.

EK WIL N VERSOEK DOEN AAN ELKEEN VAN JULLE OM ASB
HIERDIE KINDJIE IN JULLE GEBEDE OP TE DRA.