KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Friday 16 December 2011

DIE GELOFTE.







 Hier staan ons
voor die heilige GOD van hemel en aarde
 om 'n gelofte aan Hom te doen dat
 as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
 ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag
 soos 'n sabbat sal deurbring,
 en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig
 waar dit Hom behaag,
 en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot
 nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
 want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.
 
 
KVB WES KAAP HOU GELOFTEDAG
 





Die KVB in die Wes Kaap streek het geloftedag gaan vier by die Jonkershoek natuurreservaat. Die reservaat is gelee in die pragtige Jonkershoek berge- en die natuurskoon is asemrowend.

Die gebeurlikhede het om 09h00 begin- en na die voorlesing van die gelofte van 16 Desember te Bloedrivier- is die verrigting geopen met gebed- waarna lede mekaar weer gesien het, nuwe lede mekaar ontmoet het- en die dag deurgebring het om 'n lekker braaivleis.

Gedurende sy toespraak- het die Logistieke Hoof- Wes Kaap- die erns op die lede se harte gele om te begin voorberei vir 'n baie moeilike tyd wat vir die Boerevolk voorle in die jaar 2012-. Hy het verder daarop gewys dat - soos gedurende die Voortrekkers se stryd teen oordonderende magte buite hulle beheer- hulle weer laer sal moet trek in die "Nuwe Suid Afrika"  - en - soos op 16 Desember by Bloedrivier- sal die volk weereens hierdie selfde gelofte moet herbevestig indien hulle die totale aanslag wat teen hulle gaan geloots word- wil oorleef- ter wille van hulle nageslagte. 
 
Die boodskap wat hy oorgedra het aan die lede- is een van diepe bekommernis jeens die volk se onge-ergde houding rakende die uitwissing van die Boerevolk as geheel- asook die naderende konflik in die Midde Ooste- wat direkte invloed gaan he op Suid-Afrika met sy lamsakkige korrupte ANC regime. Hierdie globale konflik gaan baie direk druk op die Boere as volk plaas- en toon tekens van 'n burger-oorlog wat in die land gaan ontketten word deur magte buite die beheer van selfs die twyfelagtige ANC kommuniste.Verder het die spreker sy bekommernis uitgespreek teenoor volwasse wit burgers wat baie traak-my-nie-agtig teenoor hulle kinders optree- en geensins die blanke jeug van vandag meer leer oor hulle herkoms nie- maar eerder die jeug verwaarloos om blootgestel te word aan die linkse liberalistiese propoganda in die kommunisties-beheerde skole. 
 
Hierdie onge-ergtheid van blanke Boere ouers- lei daartoe dat ons volgende generasie hulle erfenis verlaat- en toegee aan die uitbasteringsproses en heidinse gebruike wat deur die kommunistiese propagandamasjiene voort gestoomroller word in die media en skole. Hierdie uitbasterings teologie-se hy- gaan lei tot 'n totale ineenstorting van die Boer se vaste beginsels en norme- en uiteindelik die Boerenasie op die derde generasie- saam met die Swart renoster- op die lys van "uitgewisde spesies"  plaas. Voorts het hy gemaan dat die onus op die ouers van vandag rus - om hulle nasate tuis self te leer waar hulle wortels le- sodat dievolgende generasie kan weet waarnatoe om hulle takke heen te stoot.

Die lede het hulle dag om die braaivleisvure geniet- en na 'n heerlike ontspannende tydjie saam- het die verrigtinge om 14h00 ge-eindig waarna almal na hulle onderskeie private reelings teruggekeer het.
















-EN IN MIDDELBURG HET HULLE OOK GELOFTEDAG GEVIER:

















Fotos gestuur deur: Edwin Leemans