KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday 14 December 2011

GESIN 12 KEER RAAK GESKIET.


Dokters sal vanoggend bepaal of mnr. Ruan Coetzee (21), wat in ’n
 huisrooftog in Pretoria ses keer geskiet is, inderdaad breindood is,
 soos vermoed word.

Daarna sal die familie besluit hoe en wanneer die masjiene wat hom aan die lewe hou, afgeskakel sal word, het mnr. Paul Botha, sy oom, gister gesê.

Ruan se ouers is albei erg beseer in die aanval.

Botha het gesê die familie sal onder mekaar besluit wie die finale besluit
 moet neem om die masjiene af te skakel.

Volgens Botha is daar eergisteroggend met ’n breinskandering gesien
 dat Ruan geen breinaktiwiteit het nie.

“Hy was breindood. Toe ons vanoggend (gisteroggend) by die 
hospitaal kom, het ons gedink hy is dood.

“Vanoggend, in die laaste toetse wat gedoen moet word voordat iemand
 breindood verklaar kan word, was daar ’n opflikkering in Ruan se brein.

“Die volgende 24 uur sal deurslaggewend wees, want 24 uur moet eers
 verloop voordat die dokters weer dié toetse kan doen. Ons leef nou
 van uur tot uur.”

Ruan se ma, Linda (47), het breinskade in die aanval opgedoen en
 haar regteroog verloor nadat sy in die kop geskiet is. Sy pa, Kobus,
 is in die maag gewond.

Die drie Coetzees is saam 12 keer raak geskiet.

Hulle en Ruan se gas, me. Rozanne Oeschger (20), is Saterdagaand 
aangeval in die Coetzees se huis in Wonderboom, in die noorde
 van Pretoria.

’n Aanvaller het omstreeks 20:00 in die huis ingestorm. Rozanne en
 Ruan is na sy ouers se kamer geneem waar twee aanvallers die 
ouerpaar reeds aangehou het. Coetzee en sy pa moes op die vloer lê.

“Hulle het tannie Linda twee keer hard in die gesig geslaan. Ná die
 tweede keer het sy teruggeklap,” het Oeschger gesê.

“Ek weet nie wat toe gebeur het en hoe hulle in die gang gekom het nie.
 Ek het agter die deur gestaan.

“Ek het nie gesien hoe hulle geskiet is nie. Ek het net gegil. Toe ek om 
die deur loer, het ’n koeël my skrams in die been getref.”

Oeschger het by die kamer se skuifdeur uitgehardloop, oor ’n muur 
gespring en by die bure gaan hulp vra.

In dié tyd het Ruan se broer, Dewald (19), by die huis stilgehou en op die
 drie gewondes afgekom.

Mnr. John Bissett, ’n familievriend wat derde op die toneel was, het gesê
 die ding wat hom veral opgeval het, was al die patroondoppies wat
 daar gelê het.

“Dit was grusaam en wreed.”

Volgens Botha is me. Coetzee in die kop en albei arms geskiet, terwyl
 mnr. Coetzee twee keer in die maag en een keer in die been geskiet.
 Ruan is ses keer oor sy hele liggaam getref. Een van dié koeëls het
 sy regterskouer getref en sy rugstring vermorsel. Sy onderlyf is verlam.

“Ons het gister (eergister) vir Kobus van Ruan en Linda vertel. Vir enige
 ouer en man is so iets moeilik,” het Botha gesê.

In dié stadium kan die omvang van me. Coetzee se breinskade nog nie
 bepaal word nie. Sy word onder verdowing gehou.

“Almal moet net aanhou bid,” het Oeschger gesê.