KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Monday 13 February 2012

WAT GESE IS EN WAT VERSWYG IS...

As na die krisisse gekyk word wat die land nou kenmerk, was 
die staatsrede grootliks ‘n oefening in volstruispolitiek. 
Kom dit by die oorsake vir die vervreemding wat die Afrikaner
 ervaar, en selfs die blankes, was die president doodstil, en is 
al die polariserende elemente soos haatspraak, die bedreiging 
van onderrig in Afrikaans, die uitsluiting van blankes met
 gestremdhede uit ekonomiese bemagtiging, plaasmoorde en 
plaasaanvalle, geheel verswyg. Die Afrikanerkultuur is 
ook geheel uitgesluit uit die museumprojekte wat vermeld is, 
en daar was uiteraard geen verwysing na die 
voeteslepery met staatsfondse vir die Voortrekkermuseum nie.
 Die president het wel ‘n hand na die Koisan-gemeenskap uitgesteek.
In die geheel is die nuus oor die skepping van ‘n klimaat van 
vrede in die land egter bedroewend: Die verwysings na
 vredesdoelwitte is uitsluitlik op Afrika gerig.
Soos verwag is, het die president heelwat aandag aan 
kwessies soos werkskepping en ekonomiese groei geskenk.
 Die mees tasbare aspek hiervan is die 10 miljard 
rand wat die Nasionale Ontwikkelingskorporasie oor die volgende
 vyf jaar beskikbaar sal stel.
Waarnemers was gou om die president se versekering dat dit ‘n 
mededingende mynbousektor voorstaan, as ‘n nekslag vir
 nasionaliserings-planne te vertolk. Dit is egter nog te gou om
 te bepaal of dit wel so vertolk kan word, en of dit die deur 
ooplaat vir ‘n persepsie binne die ANC-alliansie dat
 nasionalisering nie noodwendig mededingendheid in die
 voet skiet nie.
Die president het die waarde van mynbou in die land op $2,5 triljoen
 gestel.
‘n Interessante aspek is dat infrastruktuurplanne gekoppel aan 
nywerheidsontwikkeling, daarop neerkom dat die
 beginsels van die eertydse desentralisasiebeleid afgestof is. 
Die groen nywerheid en toerisme is spesifiek vermeld, sonder 
om die omvang daarvan te verduidelik.
Wat die landbou betref, is daar hoofsaaklik verwys na
 die ontwikkeling van die kleinplaassektor, wat landbou deel
 van die probleem eerder as die oplossing maak. Dit is ook
 kommerwekkend dat die president skynbaar die gebrekkige
 groenskrif oor grondhervorming as finaal aanvaar en soos ‘n
 witskrif beskou.
Die voorneme om Eskom se arm vir bekostigbare tariewe te draai, 
moet verwelkom word. Dit hang dus grootliks af wat Nersa as
 die maksimum toegewings beskou om steeds Eskom se
 uitbreidingsbehoeftes te bevredig.

Swart bemagtiging gaan verskerp word, en maatskappye wat 
swart mense bloot as SEB-fronte gebruik, gaan aan die pen ry.
Die president het egter ook ‘n skadu oor misdaadbekamping gewerp
 deur te wys op ‘n
5 % afname in ernstige misdaad, sonder om te vermeld dat
 handelsmisdaad – en dus ook korrupsie – steeds jaarliks skerp
 toeneem.
Die behoefte aan ‘n morele grondslag om die land betreklik 
misdaadvry die toekoms in te lanseer het geen vermelding gekry 
nie … ‘n blatante klap wat moontlik na gelowiges in die land gemik is. 
Die land sal ook duim vashou dat die aangekondigde planne 
om staatsuitgawes so te herstruktureer dat dit beter waarde vir 
geld bied, wel tot uitvoering sal kom. Die belofte word gereeld
 gemaak en tog word daar steeds agteruit geboer weens die
 regering se kaderbeleid.