KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Friday, 17 February 2012

JOPIE FOURIE.


Op sy manskappe het Jopie ‘n onuitwisbare indruk gemaak.  ‘n Paar dae
 voor die slag van Sandfontein het hy die volgende gese: “Burgers, ek
 voel baie hartseer oor my arme onderdrukte volk en oor die broederbloed 
wat gevloei het, maar ek kan nie anders handel nie.  Ek moet gehoor gee
 aan die verhewe idee van Vryheid, Reg en Geregtigheid.
Vir my is my Vryheid en my Volk alles.  Dit is nie deur die uitbreiding van 
glorie of grondgebied nie, maar vir die voortbestaan van ons godsdiens,
taal en ons nasionaliteit en vir ons vryheid.”
Op Donderdag 16 Desember 1914 om half-vyf word die klein laer van
 Jopie Fourie by Nooitgedacht aangeval deur troepe onder bevel van Kol.
 N J Pretorius en ‘n afdeling van die polisie onder bevel van Majoor Trew.
‘n Geveg vind plaas en 10 regeringsmanne word gedood en 21 gewond. 
 Twee rebelles sneuwel en 4 word gewond, terwyl Jopie en 45 van sy 
makkers daar gevange geneem is, maar Genl. Pienaar en 3 manskappe 
ontsnap.  Op 17 Desember is die 46 rebelle tussen perderuiters te voet 
na Hornnekstasie geneem vanwaar hulle per trein na Pretoria-tronk
 geneem is.
Onder die 46 gevangenes was daar 3 dierbare omies met wie ek ‘n
 persoonlike en pragtige vriendskapsbande opgebou het.  Baie van die
 feite hier vervat is deur hulle meegedeel en nog veel meer is op band
 opgeneem, in my besit.   Hulle was Izak Stephanus du Plessis, o.a.
 hoof van die SAS & H seunstehuis aan die Oos-Rand.  Piet Retief
 Pretorius, ‘n destydse redakteur van die Volkstem en Dawid Johannes
 Pretorius was die hoof-spioen van Jopie gedrurende die volksopstand.
Op Vrydag 18 Desemer 1914 staan Josef Johannes Fourie tereg voor
 ‘n VELDKRYGRAAD wat in Pretoria-stad in sitting was op ‘n aanklag 
van verraad.  Hy word bygestaan deur advokaat Van Hees in opdrag
 van ‘n prokureur Fred Klein.  Later kom advokaat Dr Gey van Pittius uit
 sy eie by om hulle by te staan.
So breek Saterdag, 19 Desember aan en die staat sluit sy saak af.  Die
 groot donker figuur van Komdt. Josef Fourie rys uit sy stoel op en spreek 
die hof toe.  Hy verduidelik aan die hand van insidente uit die Afrikaner-
geskiedenis waarom hy op 16 Desember ‘n gewapende mag teen die
 Britse troepe in die veld gehad het.
Verder se hy: “My dade het altyd my hart blootgele.  Ek is nie van plan
 om die hof om genade te vra nie.  Genade van my God wat my gelei het 
is genoeg, maar ek vra dat die manskappe wat onder my gedien het,
 genadig behandel moet word.  Ek het ‘n groot invloed oor hulle gehad.”
Op Saterdag 19 Desember 1914 word  petisies gesirkuleer en onderteken
 deur die volk waarin aan die minister van verdediging, Genl. J C Smuts
 gevra word dat indien die doosvonnis oor die twee Fouries uitgespreek
 word, dit nie voltrek word nie.
Dr. D F Malan, Ds. A E Grunberger en Dr. Gey van Pittius word afgevaardig
 om die petisies aan Genl. Smuts te gaan oorhandig.
Hulle verneem dat Smuts uitstedig is en toe vertrek hulle na sy plaas te
 Irene.  Daar word hulle meegedeel dat die general gaan WANDEL het en 
terwyl hulle nog so op hom wag, verneem hulle dat hy dringend na Pretoria
 ontbied is??  Hulle keer terug na Pretoria waar Dr. Malan, Ds. Bosman en
 Ds. Neethling tevergeefs poog om ‘n onderhoud met die minister te kry. 
 Nadat verneem is dat die doodvonnis oor Kmdt. Fourie bekragtig is, word
 die petisies aan Luitenant Louis Esselen, Smuts se sekretaris, gegee vir
 oorhandiging.  Esselen maak telefonies met Smuts kontak en word
 meegedeel  dat die petisies op Sondagoggend om 10:00 vm aan Smuts
 oorhandig kon word.  Die vonnis is reeds 5 uur Sondagoggend voltrek.
Ds. Bosman het in die begin van Desember saam met Botha en Smuts
 gegaan om te praat oor die doodstraf vir rebelles  wat moontlik gevange
 geneem sou word.  Smuts se standpunt was egter ONVERSOENBAAR en
 sy besluit was baie duidelik dat as Fourie gevange geneem sou word,
 dan moes hy gefusilleer word.  Jopie was toe al die gemerkte prooi –
 die OFFERANDE om die JINGOISTIESE haatdraende elemente te BEVREDIG.
Emily Hobhouse se brief aan Smuts – 29 Oktober 1914 : “They are brave
 and good men.  Keep them in prison if you will till the end, but do not
 execute them.”
Die voltrekking van die vonnis op 20 Desember 1914 op Kmdt. Josef 
Johannes Fourie het groot beroering onder die volk bewerkstellig en 
daarom het die owerheid hom onmiddelik na die fusillering op die
 gevangenis-werf laat begrawe.
Ongeveer 36 uur later, gedurende die voornag is die lyk stilletjies 
opgegrawe in opdrag van die owerheid en in die geheim na die nuwe
 kerkhof van Pretoria geneem en onder die naam van Hans Coetzee
 begrawe.  Na verskeie mislukte pogings van Jopie se eggenote, Susan
 Fourie, word toestemming deur Smuts verleen on Jopie se lyk op te
 grawe vir ‘n nadoodse ondersoek.
Dit geskied eers na sy dreig om hulp by die volk te gaan soek.  Op 27 
Oktober 1915 word Jopie se lyk opgegrawe, d.w.s. 10 MAANDE EN 7 DAE
 na die teregstelling.  Toe die doodskleed, twee khaki komberse, oopgesny
 is, het Jopie daar gele asof hy die vorige dag gekis is.  Die lyk is in ‘n nuwe 
kis geplaas en onder die snikke van sy geliefdes ter ruste gele.
Na toestemming is Jopie se stoflike oorskot in die helde-akker in die ou 
begraafplaas herbegrawe – 20 Desember 1923.
Die regering van destyds het die volle verantwoordelikheid vir die dood
 van Jopie Fourie op sy skouers geplaas deur sy eie optrede.
Op 16 Desember is Jopie gevange geneem – op 17 Desember is Jopie
 na Pretoria geneem – op  19 Desember skuldig bevind en gevonnis en
 op 20 Desember is Jopie GEFUSILLEER.
Waarom die haas?  Daar was geen kans vir die verdediging om behoorlik
 te bepeins nie.
Smuts wou van Fourie ‘n voorbeeld maak om sodoende sy Empire-vriende
 tevrede te stel.