KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 9 February 2012

OPREGTE BOERVOLK.


Vir die ouens in Hekpoort en omliggende dele wat dalk geteiken gaan word deur die swartes...

Geskryf deur Davel Dick:

Inwoners van ‘n huis moet hul binnevertrek hul slaapkamer maak, al beteken dit matrasse

eetkamer of sitkamer toe dra elke aand. Vermy kamers met buitevensters.
Maak seker alle vensters en deure is gesluit.
Moet geen brandstof binne bereik in buitegeboue stoor nie, tensy dit goed toegesluit is.
Koppel ‘n tuinslang aan ‘n binnekraan om vuur te blus in die huis.
Maak altyd seker dat alle selfone in die huis vol battery is en genoeg lugtyd het.
Koppel ‘n buitelig aan ‘n 12volt kar battery vir noodgeval, sou die krag afgaan.
Volwasse inwoners moet om die beurt slaap om wag te staan.
Moenie helder ligte binne die huis brand nie.
Maak seker dat gordyne goed toegetrek is.
Vervang badkamerdeur met ‘n sterk staal deur, koëlvas met ordentlikke skuifslot binne vir 

kinders en ou mense om te skuil.
Maak seker dat u die noodnommers en bure se nommers op selfone het.
Al het vensters diefwering, sit aan die buitekant “expandet” sif diefwering op. Bemoeilik 

petrolbom aanval( om die mense uit die huis te kry)
Moenie in die aand rondry nie, neem gedurig fotos met selfoon van enige lewe op die pad in

 die omgewing.
Hou altyd ‘n pen en notaboek byderhand vir inligting soos registrasienommers en voetganger

 beskrywings.
Bel jou bure as jy iets vreemds gewaar, al is dit net oor ‘n deurloper of vee wat bondel.
Vergewis jou met jou bure se bewegings en verwittig hulle van jou doen en late.
Raak van alle oortollige los eiendom ontslae wat “begeerlikke trekpleisters” kan wees.
Hond of twee moet in huis slaap.
Slaapvertrek se lig moet uit wees, slegs ‘n bedlamp moet kan aangesit word. (haal die gloeilamp 

uit)
Sorg dat jy ‘n ordentlikke flits het, maar as jy buite lig, hou dit met ‘n langarm weg (sywaarts)van

 jou lyf af. Moenie te gou jou posisie met ‘n flits verraai nie. Moenie oorhaastig beweeg nie,
 staan eers lank in die donker stil. Indien jy ‘n noodoproep van jou buurman sou ontvang,
 maak seker jy beweeg uit met veiligheid, jy kan ingewag word.
RAAK ONTSLAE VAN ALLE VREEMDES OP JOU EIENDOM. Onthou hulle kuier oor en weer

 en gasvry teenoor vreemdes.
Moenie jou werker op die perseel lone betaal nie. Betaal hulle binne die bank waar jy geld getrek

 het. Indien jy nie bankgeld betaal nie, maak die lone op en betaal in elkgeval in die bank asof jy
dit nounet getrek het.
Wanneer jou werkers geld leen, moenie dit dadelik gee nie, sê vir hulle jy het nie geld op die

 plaas nie, sodra jy terugkom van die dorp(bank) sal jy help.
Slaap met jou vuurwapen byderhand. Maak seker jy is nog vertroud met jou wapen.
Leer die kinders vooraf ‘n noodsituasie en beplan strategie, elkeen moet presies weet wat

 van h verwag word.
Doen 'n denkbeeldige aanval op jou huis, en kyk wat moet jy wegneem as bekruip skanse 

waaragter geskuil kan word.