KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 11 February 2012

DIE PIONIERS VAN ONS TOEKOMS.

 

Uit die kners van krakend jukke beur die eeue kreun oor land,
waar versteende spoor van Boere sool oor rant en vlakte brand,
in die eggo’s van die klowe dawer hoefslae en geknal, 
van ’n volk wat nimmer weier, wat in ere roep “Ons sal!"
Met die beier van die kerkklok, wat om katelknieë spoel,
rys saluut van die verlede as die baken van ons doel:
Uit verlede skat se adel en die bruisend Boere bloed
stroom die hoop en droom en anker oor die weë wat ons moet,
in die spoor van die verlede is ons wa gepak, gelaai
waar ons nimmer van mag wankel, waar ons nooit van heen kan draai!
Hef dan hoog op Boer ons vierkleur en verhef ons Godsbanier
laat ons strewe, laat ons lewe as die toekoms pionier!



GESKRYF DEUR:
WILHELM PRETORIUS