KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 18 February 2012

EEN MAN SE ONDIPLOMATIESE UITSPRAKE BEROKKEN BOERE SE NAAM BAIE SKADE IN NEDERLAND

  LEES ASB ONDERSTAANDE ARTIKEL- EN GAAN NA DIE LINKS:
Plaasmoorde op Nederlandse TV skok amper 'n kwart miljoen mense: moord teenoor rassisme

Vry 17 Feb 2012, 19:01 4 kommentaar Stuur ArtikelRapporteer Misbruik
Gisteraand het die Evangelische Omroep op die Nederlandse staatstelevisie 'n dokumentêre uitgesaai oor die plaasmoorde. Die eerste dokumentêre, wat uitgesaai is op die kanaal Nederland3, was baie baie baie baie heftig. Hier 'n verslag van 'n Nederlandse kyker wat baie geskok is. Ongeveer 219.000 Nederlanders het die dokumentêre gesien.

Die trailer van die program is nou al minstens twee weke elke dag op tv uitgesaai. Gisteraand het die "fees" al direk na die nasionale nuus van agt uur op Nederland1 begin. Die trailer is op die oomblik uitgesaai en meer as 1.9 miljoen mense wat die nuus gekyk het, sien die trailer. Die program begin egter pas om 21:35 uur op Nederland3.

21:35 uur: die TV staan aan en ek het - soos gewoonlik - my selfoon in my hand om te twitter. Die begin is direk baie heftig. Dit begin soos 'n aksiefliek, maar dis nie 'n fliek nie, dis eg. Die kykers se emosie staan direk onder druk. Op twitter kom daar stadig die eerste twiets met woorde soos "gruwelijk", "angstig" en "kippevel" ('n koue gevoel).

Die presentator besoek 'n Afrikaner-kadettekamp in die Waterberg distrik, Limpopo. In die kamp word Afrikaner kadette "gedrill" om die "swart gevaar" te kan "oorleef". Die presentator is nog nie 5 minute in die kamp en die kamera draai nouliks 'n oomblik en een van die kadette, 'n seun van amper 15 jaar, val om. Hy's moeg, na so'n dag swaar "weermagoefenige".

Dis omstreeks 21:50 uur. Die presentator mag saam met een van die kadette die kamp verlaat. Die vriendin van daardie kadet het haar man twee jaar gelede verloor tydens 'n roof. Sy vertel haar storie. Twiets soos "#3onderzoekt moord op blanke boeren... En wij maken ons druk over Cohen en Polen. #relativeren" kom verby.

Omstreeks 22:00 uur. Die presentator bly nou vir die derde dag in die kamp. In die aand wou hy na sy hotel in Pretoria, maar hy kry telefoon. Hy moet direk terug kamp toe. Daar word hy gebring na 'n moordlokasie. Nou sien hy die lokasie waar 'n oomblik gelede 'n vrou vermoor is deur swart mans. Die buit? ZAR 600 en 'n selfoon. Die twiets word al heftiger:

"Boeiende docu: #3onderzoekt. Afrikaners die massaal worden vermoord in Z-Afrika. Apartheid anno 2012 #Ditisniefraai"

Omstreeks 22:15 is die vierde kampdag behandel. Die kadette kry nou ou apartheidspropaganda te sien. Ou amptelike staatspropaganda van die Nasionale Party. Hoe "goed" dit is om swartes te vermoor tydens die Grensoorlog. Die toon in die twiets verander 'n bietjie; hulle word 'n bietjie negatiewer.

Omstreeks 22:20 uur. Op die laaste kampdag besoek twee swart polisiemanne die kamp. Hulle vra wat daar gebeur. Die presentator vra die polisieagente hul meninge. Die swart agente sê die kamp is 'n oplossing vir veiligheid, maar glad nie vir die rassisme nie. Die Nederlandse twitteraars hoor vol ongeloof die "goedkeuring" van die polisieagente vir die kamp. Die swart polisie sê hulle kan die boere nie beskerm nie en dus moet hulle dit self doen.

Omstreeks 22:22 uur. Op die laaste kampdag kry die kadette ook 'n les in "rasseleer". Kolonel Jooste sê onvergeeflike dinge. Hy sê: "Swartes is minderwerdig. Hulle leef soos diere, maar jy mag hulle nie haat nie". Hoewel die kontak tussen die presentator en die kampmense in Engels is, sê hy hierdie dinge in Afrikaans teen sy kadette. 10 sekondes later sê Jooste dat net die "Ariese ras fantastiese leiers voortgebring het: Alexander de Grote (ek dink; neeeee) , Napoleon (ek dink weer van neeeeee, gaan dit asseblief nie sê nie...) , Bismark (neeeee, gaan veral nie die Duitse kant op nie...) en ... Hitler".... (ja. hy't dit gesê...) *stilte*

Na die "les" vra die presentator kol. Jooste wat hy dink van Hitler. Jooste dink Hilter is nie sleg nie en hy ontken die Holocaust met die argument dat die Duitsers nie genoeg kole had nie om 6 miljoen mense na die vernietigingskampe te vervoer nie... *ek was stil, verbaas, verbeister*

Maar Twitter was nie stil nie. Twitter was heeltemaal nie stil nie. Dit het gestorm op twitter. Binne 'n minuut was #3onderzoekt "trending" in Nederland. Die stemming slaan heeltemaal om. Dis nou "bizar" en "verbeisterend". Die algemene mening word nou so:

"#3onderzoekt interviewt net een man die Hitler als groot leider ziet en de holocaust ontkent. Weekje Auschwitz zou hem goed doen!! #idioot"

"Zie #3onderzoekt moord op de blanke boer; Afrikaners zijn nog steeds racisten. Zij veroorzaken het probleem. #kolonel #rijpvoorhetgesticht"

Ek durf te sê dat die uitsprake van Jooste die mees verregse - verstaanbare, nie in 'n vreemde taal nie - uitsprake was op die Nederlandse radio- en televisie sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Ek kan nie verstaan nie waarom hy hierdie dinge sê. Voor 'n Nederlandse kamera. Hy weet die Nederlanders is allergies vir Hitler, want Hilter het saam met die Japanse Keiser meer as 4.200.000 miljoen Nederlandse onderdane vermoor. Voordat die Afrikaners die getal bereik, het u spesie lankal verdwyn, meneer Jooste! En tog sê u hierdie dinge. Dis so ongelooflik dom.

Die dokumentêre loop op sy einde. As laaste is die woord gegee aan die - amper vyftien jarige seun - wat sê geweld is die enigste uitweg; al die swartes moet vermoor word. Hy sê dit nie letterlik nie, maar hy bedoel dit wel.

Kan daar asseblief enige instansie by die familie Engelbrecht in die Waterberg distrik gaan kyk en die seun 'n beter tuis gee? Asseblief? Want ek het vannag regtig nie goed geslaap nie. Net weens daardie teenager. Daardie seun; heeltemaal gehersenspoel (brain washed) deur sy ouers en die kamp... Ek kan dit werklik nie verstaan nie.

As die laaste 6 minute van die 50 minute program nie gebeur sou wees nie; sou die plaasmoordesaak baie geloofwerdiger gewees het. Dis hard vir die baie mense wat werk om die verhoudinge tussen Afrikaners en Nederlanders te verbeter. Maar meneer Jooste, ek dink u het twee jaar harde werk vernietig met u uitsprake - nee, miskien selfs 18 jaar. Waarom dink u dat die TV-span Suid-Afrika toegekom het? Omdat Nederland heeltemaal verander het sedert 1994. Maar u het miskien wel daardie 18 jare werk weer vernietig.

U is gek!

Hier die program:
http://www.uitzendinggemist.nl/afleveringen/1240549
(ek wou die program in hierdie bladsy plaas, maar dis (nog) nie moontlik nie)


Hier die tweets:
https://twitter.com/#!/search/realtime/3onderzoekt

www.uitzendinggemist.nl