KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 9 February 2012

ROWERS OORVAL VROU.


n Bekende inwoner van Standerton, mev Sally Langeveldt, is Woensdag,
 1 Februarie deur drie vermeende rowers by haar huis oorrompel.
Me Langeveldt, eggenote van mnr Punch Langeveldt, was in die dorp om
 sake te doen en met haar terugkeer om ongeveer 12:00, het sy deur die
 huis na die die kombuis gestap en die agterdeur oopgesluit om n handoek
 van die wasgoeddraad te haal.
Drie mans het haar daar oorrompel, n mes teen haar keel gedruk en in die
 huis ingeforseer, waarna die skelms vuurwapens, juwele en geld geeis het.
Mev Langeveldt het vir hulle gese dat daar nie sulke items in die huis is nie en 
die rowers het toe haar hande agter haar rug vasgebind en haar in die bad
 gegooi, waarna hulle elektriese en elektroniese ware bymekaar gemaak het.
 Mnr Langeveldt het haar intussen probeer skakel en onraad vermoed toe
 al die fone n besettoon gegee het. Hy het huistoe gery om vas te stel wat 
daar aangaan.
Intussen kon mev Langeveldt daarin slaag om die paniekknoppie van die
 alarmstelsel te aktiveer en toe haar man daar opdaag, was die veiligheidsmense
 alreeds oppad en die polisie het ook n rukkie daarna opgedaag.
Die rowers het intussen met hul buit op die vlug geslaan. Niemand is tot
 dusver in verband met die voorval gearresteer nie, maar n klag van
 huisroof word ondersoek.