KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 9 February 2012

VROU WAG BYNA TWEE JAAR VIR LISENSIE.


SECUNDA- Die plaaslike lisensiekantore is steeds vir baie inwoners n kopseer.
Me. Berna Coetzer sukkel al bykans twee jaar om haar bestuurderslisensie
] te hernu.
Elke keer as sy by die lisensiekantore kom, moet sy ander verskonings
 aanhoor en weer haar vingerafdrukke en foto`s laat neem.
"Ek weet nie meer wat om te doen nie,"het me.Coetzer gese.
Sy het al verskeie kere met die bestuurder by die lisensiekantore gepraat,
 maar dit het ook nie gehelp nie. Secunda se lisensiekantore is egter nie die
 enigste lisensiekantore waar daar probleme met dienslewering is nie.
n Ander inwoner moes by Leandra se lisensiekantore hoor dat hulle net
 12 mense daagliks kan help.
"Ek was 14de in die ry, maar hulle het geweier om my te help.
"Die vrou agter die toonbank het vir my gese: `Jy kla oor ons, maar op 
Standerton help hulle net 10 mense daagliks`, het die inwoner gese.
Die hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit,
 mnr. Themba Motlhankana, het die inwoner versoek om haar ID-nommer na
 die bestuurder van die lisensies, me. Thandi Ndaba, te stuur.
Me. Ndaba kan tydens kantoortyd by 017 620 6199 geskakel word.
"Ons verseker die betrokke klient dat die saak die nodige aandag sal verdien,
"het mnr. Motlhankana gese.
Op die Echo se vraag oor waarom die lisensiekantoor net 12 mense daagliks
 kan help, het mnr. Motlhankana geantwoord: "Die sisteem kan slegs 12 mense
 per sessie met die leerlingklasse help.
"Die lisensiekantoor op Eendracht het normaalweg minstens twee klasse daagliks.
"Die lisensiekantore het ander kerntake wat hulle daagliks moet verrig."