KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Saturday, 11 February 2012

N SIEK GESONDHEIDSTELSEL KAN NIE SIEK MENSE HELP NIE.

Die benarde gesondheidstelsel in die Pretoria-, Witwatersrand-
 en Vaaldriehoek-omgewing dreig om in ‘n landwye krisis te ontaard.
 Al hoe meer geld word uit die Nasionale Tesourie na die 
Gautengprovinsie oorgeplaas, maar steeds kan diè provinsiale
 gesondheidsdepartement nie sy diensverskaffers, 
leweransiers en selfs die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens 
betaal nie.
Staatslaboratoriums moet nou gesluit word omdat die provinsie se
 agterstallige skuld reeds meer as een-miljard rand beloop.
 Belangrike bloedtoetse, wat forensiese toetse vir hofdoeleindes
 insluit, kan dus nie voltooi word nie en na verwagting gaan dit ‘n 
opeenhoping van strafsake by howe veroorsaak.
‘n Ontleding van die laaste paar jaar se gesondheidsbegrotings toon
 dat die agterstallige skuld aan diensverskaffers in 2007 begin
 het. In dié jaar het die gesondheidsbegroting skielik met 15-komma
-agt-persent tot 15- miljard rand gestyg. Die vernaamste oorsake 
was die verskuiwing van munisipale grense wat nóg hospitale by
 die begroting gevoeg het, die oordrag van munisipale 
gesondheidsorg na die provinsie en die toestroming van
 vreemdelinge.
Terselfdertyd het die aantal mense met tuberkulose en MIV-Vigs 
byna vertienvoudig en die getal ondervoede babas en kleuters
 wat siek word, het hospitale en klinieke uit hulle nate laat bars. 
‘n Kwaai toename is ook in kankerpasiënte ondervind.
Daarby moes miljoene rand bestee word aan die vervoer van pasiënte.
Talle nuwe ambulanse is aangekoop wat weer tot ‘n toename in
 die opleiding van paramedici gelei het. Ten einde die 
provinsiale ambulansdiens te koördineer en op een vlak met
 die provinsie se brandweer- en polisiediens te bring, is ‘n
 moderne bevelsentrum van miljoene rand in Midrand opgerig.
Geld is ook bewillig vir ‘n traumabeheersentrum vir alle
 nooddienspersoneel wat die begroting verder onder druk
 geplaas het.
Vanjaar is dit vyf jaar later en die gesondheidsbegroting 
staan nou op 25-komma-twee miljard rand. Dit is selfs nadat
 Maatskaplike Hulpdienste van die gesondheidsportefeulje 
geskei is om geld te bespaar en dienslewering te verbeter.
Intussen het die provinsiale bevolking tot meer as 20-miljoen 
mense gegroei. Mense stroom na die Goudstad om beter te
 kan lewe, maar dit is hoofsaaklik mense wat ‘n lae lewenspeil
 handhaaf, blootgestel is aan velerlei chroniese siektes en 
bowenal nie ‘n inkomste het nie. Baie van hulle is ook 
onwettige immigrante wat in ‘n gehawende toestand in die
 provinsie aankom.
Die Nasionale Tesourie moes uiteindelik ingryp en ‘n bedrag van 
143- miljoen rand word in die provinsiale koffers gestort om hospitale
 op te gradeer. Later blyk dit dat daar onderbesteding was 
en na verwagting gaan die provinsie twee-derdes van die geld
 verbeur.
Goeie gesondheidsorg is net moontlik as die toenemende 
bevolkingsgetalle beheer word, en hulle geleer word om gesond
 te lewe.
Maatskaplike dienste moet gesondheidsdienste rugsteun. Op 
diè manier kan die oorsaak van siektes voorkom word. 
Gesondheidsorg kan dan meer doeltreffend aangewend word 
en noodtoestande beter bestuur word.
Dit help nie om pleisters op te plak as die wond nie genees het nie.