KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Monday, 6 February 2012

DIE MOORD OP PIET RETIEF EN SY KOMMANDO.


Op 6 Februarle 1838 is Piet Retief met sy kommando’tjie
 van 69 man, 4 seuns en 30 agterryers net buite Dingaan se 
stat doodgemaak! Nadat hy openlik en eerlik met Dingaan 
onderhandel het oor die onbewoonde stuk grond, suid van die 
Tugelarivier, as ‘n moontlike tuiste vir die Voortrekkers, 
het Dingaan ingestem. Die Zoeloekoning het selfs so ‘n 
ooreenkoms op 4 Februarie onderteken. En toe is Retief
 en sy mense sommer so doodgemaak …
So word Retief die eerste, groot Afrikaner-Ieier wat ‘n
 marlelaar word ter wille van die Afrikaner-ideaal van ‘n eie 
Afrikaner-vaderland. Agterna is beweer dat die Engelse sendeling,
 Gardiner, wat in Port Natal gewerk het, Dingaan aangehits het 
om die Voortrekkers dood te maak. Of dit werklik die geval was,
 is nog nie vasgestel nie.
Wat egter vasstaan is dat die Afrikaner-ideaal, wat met die Groot
Trek na vore gekom het, om ‘n vrye en onafhanklike vaderland vir
 die Afrikaner te bou, nie met die dood van Piet Retief verdwyn het 
nie. Want Retief is die man wat die grondpatroon van die Afrikaner 
se toekomsideaal in sy Manifes van 1837 uitgespel het. Artikel 8
 van sy Manifes stel dit soos volg:
“Ons stel ons voor om in die loop van ons trek en wanneer ons in 
die land waarin ons gaan woon, aangekom het, ons bedoelings 
en ons begeertes aan die swart stamme bekend te maak asook
 ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef.”
Dit val op dat die vrye en onafhanklike Arikaner nêrens ander
 volke aangeval het met die bedoeling om hulle land te vat en 
dit te koloniseer en om so oor hulle te heers nie. Daarom kan
 gesê word dat die Afrikaner se Vryheidsvlag in die 19de
 eeu nooit oor die kop van ‘n onderdrukte volk, wat van sy vryheid
 beroof is, gewaai het nie.
Daarom: Wanneer ons op 6 Februarie Retief se offer gedenk
en hom eer vir wat hy vir die Arikanervolk gedoen het, dan verplig 
dit ons om weer na te dink oor ons eie rol in die Afrikaner se 
vryheidstryd. Dis ‘n dag van nadenke en herinnering;
‘n dag waarop ons ‘n martelaar vir Afrikaner-vryheid gedenk. 
Saam met Retief eer ons al sy tydgenote wat hulle lewens opgeoffer 
het vir Afrikaner-vryheid, en almal wat met verloop van tyd, sy groot 
voorbeeld nagevolg het.
So word 6 Februarie, bowe-al, ‘n dag wat inspireer! Ons besef weer, 
ons volk en ons vryheids-ideaal is meer as ons enkeldenke, meer as 
ons ideaal wat net onsself in ag neem. Dit leer ons van ‘n daad
 ter wille van ons volk wat geslagte bly inspireer en aanspoor totdat
 ons daardie hoë ideaal verwerklik het. En as dit ons nie gegee is
 om dit te sien nie, laat ons dan so leef en werk dat die geslag 
of die geslagte na ons kan verwerklik – dit waarna ons en ons
 voorgangers gestreef het.