KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 4 February 2012

BENDE OORVAL GRYSE.


’N 84-jarige wewenaar is gister met moontlike inwendige bloeding in die
 Krugersdorp-hospitaal opgeneem nadat drie rowers hom helder oordag
 in sy huis oorval en erg aangerand het.

Die bende, vermoedelik lede van ’n sindikaat wat volgens Beeld se inligting 
verlede maand sowat 14 ander huise in die omgewing geteiken het, het mnr. 
Hannes van der Merwe met ’n mes aangeval, aangerand en tot op die grond
 gedwing voordat hulle met sy horlosie en kleingeld gevlug het.

Mnr. Gerhard Coetzee (35) het gesê ’n rower het sy oupa omstreeks 07:20 in
 die voorportaal oorval.

Twee van die man se makkers het terselfdertyd vensterruite aan die voorkant van
 die huis uitgeskop en die huis binnegestorm.

Nero, Van der Merwe se boerboel, het probeer om tot sy baas se redding te kom,
 maar die boewe het hom hard teen die kop en voorpote bygedam.

Van der Merwe kon een van sy aanvallers ’n harde skop tussen die bene gee en 
vergeefs na ’n kierie probeer gryp.

Volgens Coetzee het een rower op Van der Merwe se kop getrap terwyl sy makkers 
die pensioentrekker se hande vasgebind het.

Sowat vyf minute voor die aanval het Van der Merwe sy een dogter, me. Corrie van Zyl
 (61), gebel om te sê hy gaan na ’n winkelsentrum daar naby.
“Dit het blykbaar alles verskriklik vinnig gebeur,” het Coetzee vertel.

“Die ou het hom gegryp voordat hy die veiligheidsdeur kon haal.”

Mnr. Johan Otto, ’n buurman, het gelukkig die rumoer gehoor en die plaaslike 
sektorpolisie ontbied toe hy een van die rowers gewaar.

Dié het binne minute ná die noodoproep in drie voertuie by die huis opgedaag.

Die rowers het oor die bure se muur geskarrel en probeer vlug, maar twee verdagtes 
is aangekeer.

Volgens ao. Solomon Sibiya, polisiewoordvoerder, is die toneel met snuffelhonde
 gefynkam en word daar vermoed tot ses rowers was betrokke.

Coetzee het gesê hy het dikwels in die verlede aan sy oupa gekarring om eerder
 saam met hom in Tarlton te gaan woon. Die huis, wat Van der Merwe tussen 1983
 en 1991 met sy vrou gedeel het, het egter baie sentimentele waarde.

“Hulle het sedert ’83 nie eens ’n blommetjie hier gesteel nie,” het Coetzee geskok 
gesê. “My oupa was baie geskok toe ek hier aankom en het blou merke regoor sy kop 
gehad. Hy het eers nie besef hy is gewond nie – maar toe hy sy hand oplig, sien ek
 net ’n moerse klomp bloed?.?.?.”

Volgens Coetzee bloei Van der Merwe moontlik inwendige en kla hy oor ’n steekpyn in
 sy rug wanneer hy asemhaal. Hy het moontlik ook harsingskudding opgedoen. Hy was
 teen laatmiddag in ’n bestendige toestand.

Sy vier dogters en bekommerde familielede van sover as Standerton het gister by die
 hospitaal vergader om op nuus te wag.