KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Friday, 3 February 2012

VIR ALTYD ANDERS...

“Ek het geweet Suid-Afrika sal nooit weer dieselfde wees nie, maar ek het geweet dat ek die regte ding doen.” Dit was hoe FW de Klerk sy radikale toespraak as staatspresident op 2 Februarie 1990 beskryf het.
Oor een ding was hy beslis reg – Suid-Afrika sou nooit weer dieselfde wees nie.
Die toespraak en die dag sal vir altyd inge-ets bly as die dag van onherroepbare verandering in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Op ‘n manier was die woorde van FW de Klerk net ‘n openbare erkenning van ‘n proses wat toe reeds lank aan die gang was en wat met meer roekelose momentum daarna versnel het.
Dit is merkwaardig dat een mens soveel invloed kon uitoefen sonder om diegene wat hy as politieke leier verteenwoordig het, in die saak te ken. Nie eers die kabinetsministers wat op die hoogste vlak van politieke besluitneming gestaan het, het vooraf geweet wat aangekondig gaan word nie.
Hulle is twee dae voor die tyd in ‘n geslote sessie in kennis gestel en tot stilswye gemaan – selfs teenoor hulle vrouens!
Daar is allerweë verwag dat die toespraak ‘n ingrypende aankondiging sou bevat, maar tot op die hoogste vlak is daar gemeen dat dit net oor die vrylating van Nelson Mandela as simboliese gebaar sou gaan. Die internasionale media het reggestaan om die vrylating af te neem, maar wat hulle gekry het was minder visueel maar veel meer ingrypend.
Die ANC en 30 ander politieke partye, insluitende die Kommuniste Party is ontban, die doodsvonnis is opgeskort, die noodtoestand is opgehef, vakbonde kon vrylik organiseer, politieke uitgewekenes kon terugkeer en politieke gevangenes kon vrylating kry. En hier teen die einde van die toespraak is beloof dat Nelson Mandela binne enkele dae vrygelaat sou word.
In ‘n kwessie van 30 minute is Suid-Afrika aan ‘n swart meerderheidsregering oorhandig.
Dit was ook die begin van ‘n oorweldigende propagandaveldtog wat so suksesvol was dat die meeste mense vandag, 22 jaar later, steeds klakkeloos herhaal dat daar ‘n bloedbad sou gewees het as die “transformasie” nie plaasgevind het nie.
Nugterdenkende mense wat nie deur die massa-psigose meegesleur is nie, kan maar net in frustrasie uitroep: “Kyk om julle heen – wat het ons anders as ‘n bloedbad?!”
Die toespraak van 2 Februarie is gevolg deur geweld en nogmaals geweld, soveel so dat geen mens in Suid-Afrika veilig is in sy eie huis nie.
Wat was die alternatief, wil almal weet. Wel dit maak nie regtig saak nie, want die alternatief, naamlik grondgebied en onafhanklikheid vir die Boere-Afrikaner moes van die sestigerjare af deel van die politieke proses gewees het.
Ons kan nie die verlede verander nie, maar ons kan hard daaraan werk om nie die foute en die gebrek aan aksie in die verlede maar net voort te sit nie. Selfbeskikking op al sy vlakke, van die reg om jou taal te praat tot eie grond, is al manier om uit die geweld waarin 2 Februarie 1990 ons gedompel het, te ontsnap.