KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 18 February 2012

PLAASMOORDE EN DIE MOORDE BY BLOUKRANS, MOORDSPRUIT EN WEENEN.

Na die moord deur Dingaan op Piet Retief en 70 ander Voortrekkers op 6 Februarie 1838, het die Zoeloekoning, sy impi’s opdrag gegee om die laers van die ander Voortrekkers te gaan aanval en uit te wis. Die Voortrekkers was in klein groepies langs die Tugela en sytakke van die Tugela in ‘n ry van omtrent 24 myl gegroepeer.
Hoewel Piet Retief voor sy vertrek, en ook die Trekkerleier Gerrit Maritz, die Trekkers gemaan het om in groot laers te bly, aangesien die Zoeloegevaar nie verby was nie, was daar praktiese redes waarom baie Trekkers nie aan die oproep gehoor gegee het nie. Die saamleef van groot groep mense in ‘n laer was moeilik – veral mbt sanitasie, die tekort aan brandhout en ‘n tekort aan weiveld vir troppe tot so groot as 25 000 stuks vee.
Op 16 Februarie het die Zoeloemag die laers soos spookgestaltes bekruip. Die Trekkers – onbewus daarvan dat hulle van die oewers van die Tugela bespied word – het doodgewoon met hulle dagtake voortgegaan.
Om 1uur die oggend van 17 Februarie het 10 000 Zoeloes op die Voortrekkers toegesak. Dit was donkermaan en die Trekkers het eers besef wat aangaan toe die Zoeloes op en tussen hulle was. Die voorste Trekkers is oorval en almal uitgemoor. Die broers Daniël en Pertrus Bezuidenhout kon daarin slaag om te ontvlug en het rivier af die ander Trekkers gewaarsku.
Nie minder nie as 200 diensbodes,41 Voortrekkermans, 56 vroue en 185 Voortrekkerkinders is daardie nag vermoor. Liggame is oopgeskeur, kinders is teen wawiele doodgeslaan en vroue is in die onderlyf met skerpgemaakte stokke deurboor – ‘n martelmetode wat nie onmiddellike dood tot gevolg het nie, maar die slagoffer uiteindelik van pyn in ‘n beswyming laat verval.
Wreedheid en moord is ons geskiedenis is nie net tot 1838 beperk nie. Sedert 1994 speel soortgelyke wreedhede af in die talle plaasmoorde wat in ons land gepleeg word.
Die klompie Trekkers wat oorgebly het na die moorde van 17 Februarie, het hulle voorgeneem om Dingaan te straf vir sy onmenslike dade. Die eerste strafekspedisie by Italeni het wel misluk, maar die Voortrekkers was beslis om nie te rus voordat Dingaan se mag gebreek is nie. Dit het gelei tot die Slag van Bloedrivier op 16 Desember.
Plaasmoorde behoort vir ons ook ‘n volksaak te wees. As volk behoort ons eenparig op politieke vlak uiterste druk op die huidige regering toe te pas om plaasmoorde tot ‘n spesiale kategorie misdaad te verklaar. Verdere eenparige en doelgerigte druk moet toegepas word sodat mediese kostes wat spruit uit plaasmoorde deur die regering betaal word.
Internasionaal behoort ons op alle vlakke op die internasionale gemeenskap ‘n beroep te doen om politieke sanksies teen die huidige regering toe te pas, solank as wat die regering geen daadwerklike poging aanwend om plaasmoorde te stop nie. In Zimbabwe is sowat 24 boere vermoor en die internasionale gemeenskap het politieke sanksies teen pres Mugabe toegepas.
Alvorens plaasmoorde in Suid-Afrika nie daadwerklik teëgewerk word nie, mag ons, nes die Voortrekkers, nie rus of berus nie.