KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Tuesday 21 February 2012

NOU BEGIN DIE BOERE DOEN.


Eerskomende Vrydag om 14:30 by die Hoofkantoor
van die Menseregtekommissie in Braamfontein, Johannesburg, gaan die
Boerevolk nog ‘n stap neem om die aanhoudende moorde op ons volksgenote
vreedsaam te probeer verhoed. Daar word om 14:30 ‘*n formele klag* by die
Menseregtekommissie *teen die Staatspresident Mnr Jacob Zuma* gelê,
omdat hyself op die ANC-feesvieringe in Bloemfontein vroeg vanjaar gesing
het “kill the Boer”, terwyl dit algemene kennis is dat die howe bevind het
dat dit wel haatspraak is, dat dit mense kan aanhits om met moorde op
blankes voort te gaan en dat dit by wyse van ‘n interdik deur die hof
verbied is. Die bron van die aanhitsing tot moord op die Boere, is dus in
die staat gesetel. Die Boere kan dus nou ook finaal bewys lewer dat Zuma
nie die Boere se Staatspresident is nie, want geen Staatspresident moedig
kriminele moord van sy eie mense aan nie.

Indien die Staatspresident moord op die Boere aanmoedig, is dit sinneloos
om te dink dat die owerhede en veral die polisie hierdie volksmoord sal
voorkom, beveg of erns sal maak van die ondersoek, die vervolging van
misdadigers en veroordeling van sulke misdade.