KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday 22 February 2012

SIEL VAN DIE WOESTYN.



My siel is droog vanaand,
kalaharisand wat rimpelpatroon gewaai word
sonder berge struktuur,
sonder groen woorde of botsels van rym
net dorheid en gelatenheid
wat rooidaggloed verslae daaroor laat woed
die wind se herrangskik
in lustelose stofploffies laat begaan
met ’n weerstand wat moeg
slaparms
in die laaste damp verdwyn...

my sand het gaan lĂȘ
met tyd se sleur net so gelaat
waar verlede sy merke
in krake op my dorheid graveer
om in die rooidag
oopgevlek te word vir nuwe skroei.

Hoe smag my siel na U stille waters!
na U poele van rus!


21 Februarie 2012
Lokaal Gevangenis, Pretoria.

Foto deur Marethe Grobler.