KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 9 February 2012

GROOTDRAAIDAM-OORD VAL UITMEKAAR.


STANDERTON-Die meeste inwoners is verheug dat daar ten einde laaste
 n plan gemaak is om die Rivierpark gebruikersvriendelik te maak, maar
 wonder nou of opknapping by die Grootdraaidam-oord ook op die agenda is.
Die haglike toestand van die gesogte uitspanoord was vir etlike jare n oase
 vir nie net plaaslike inwoners nie, maar ook vir watersportliefhebbers van 
die Rand en elders.
Standerton Boot- en Hengelklub hou sy terrein netjies en vir die klublede is 
dit n plesier om daar te kampeer, maar vir Jan Publiek, wat nie van die
 geriewe gebruik kan maak nie, is die stand van sake by die openbare 
gedeelte n bitter pil om te sluk.
Die Grootdraaidam-oord was altyd die plek vir n wegbreek-naweek,
 veral tydens Paastyd, gedurende Desember en oor langnaweke, maar 
mense wat van ver af kom, sien op om hul eie water, toilette,
 kragopwekkers en ablusie-geriewe aan te ry en derhalwe is daar
 nog net n handjievol bittereinders wat kans sien om soontoe te gaan.
Grootdraaidam is n uitstekende hengelgebied, maar kan nie werklik deur 
gesinne benut word nie omdat die glasskerwe en geroeste blikke in die
 lang gras nie geskik is vir kindertjies nie.
Vullis le opgehoop om die stukkende vullishouers en die gras en onkruid 
groei welig onder die skadubome. Die watertenk agter die bloekombos 
is beskadig, maar kenners reken dat dit wel herstel kan word.
Die boorgat se pomp is die meeste van die tyd afgeskakel en wanneer
 dit aangeskakel word om die tenk te vul, vloei die water vrylik uit die
 skeur in die tenk totdat iemand besluit om die pomp af te skakel.
Besoekers van elders weet nie van hierdie probleem nie en maak dus nie
 voorsiening vir drinkwater nie.
Die grondpaaie na en deur die oord word ook nie onderhou nie en
 besoekers wat met gewone voertuie die oord besoek, loop die gevaar 
om hul voertuie te beskadig.