KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Follow by Email

Friday, 24 February 2012



Pretoria is net ‘n wit woonbuurt van Tshwane. Swartes het meer reg
 op grond in Suid-Afrika as blankes. Engels is die enigste taal wat
 deur al die kulture in die land gebruik kan word. Swart jeugdiges
 steel en roof en moor en verkrag as gevolg van apartheid. Wit
 mense is ryk en kan vir hulle kinders geleenthede koop.
Dit is hoe die wêreld lyk deur die oë van die ANC. Dit is ook die
 prentjie wat die ANC aanbied vir sy volgelinge en die wêreld daar buite.
Die hartseer deel is dat baie mense wat veronderstel is om deur
 die politieke propaganda te sien, dit as die waarheid begin
 aanvaar. As iemand van jou geboorte af vir jou vertel dat die lug
 pienk is, sal dit nooit vir jou blou wees nie.
In Suid-Afrika het ons te doen met wêrelde waarvan die
 verwysingsraamwerke so verskil dat sin en rede later geen
 invloed meer het nie.
Mnr Paul Mashatile, Minister van Kuns en Kultuur, het aan
 ‘n dagblad gesê, Pretoria is ’n woonbuurt van Tshwane net
 soos Sandton ’n woonbuurt van Johannesburg is. 

Volgens
 hom is daar nie meer ’n stad genaamd Pretoria nie.
 Interessant genoeg, ondanks dié skynbaar oortuigde standpunt,
 wil die regering tog darem eers die saak uitklaar deur openbare
 gesprekvoering – soos die wet vereis.
Dit lyk dus of die sake voor die Gesagsowerheid vir 
Reklamestandaarde van Suid-Afrika (GRS) en die
 Uitsaaiklagtekommissie en die hooggeregshof, en al die
 petisies en demonstrasies darem gehelp het om die ANC ‘n
 bietjie versigtig te maak oor die verandering van die naam van
 die land se hoofstad.
Vir ‘n paar jaar was dit eintlik stil op die front. Moontlik is baie
 mense in hierdie tyd gesus om te glo dat die ANC maar
 sal bes gee en dat die liewe Jakarandastad sy naam gaan behou.
Nog nooit gesien nie. Solank as wat Pretoria sy naam behou, sal
 die ANC se finale oorwinning nie afgehandel wees nie. Pretoria
 is op die ou end die sterkste simboliese aanduiding van die rol 
wat wit Afrikaanssprekendes nog in die land te speel het.
Vat Pretoria weg en jy begrawe ‘n volk.
So wat gaan ons daaraan doen? Gaan ons na nog ‘n tribunaal 
of nog ‘n hof? Gaan ons nog petisielyste voltooi en openbare
 vertoë rig? Gaan ons nog ‘n optog hou?
En as dit alles nie werk nie, gaan ons ons sake-onderneming se
 naam verander na Tshwane Videos, Tshwane Steel Works of
 Tshwane Laundry? Net ter wille van vrede… en natuurlik besigheid.
Al die hofsake in die wêreld, al die protesaksies, al die beredeneerde
 briewe in koerante en al die nuuskommentare op die radio, help
 niks, as ons aanvaar dat ons in Tshwane bly nie.
Wil jy jou herkoms verloën ter wile van een of ander denkbeeldige
 leier van ‘n groepie mense wat deur die omgewing beweeg het,
 of gaan jy vir jou kinders sê: “Ons bly in Pretoria”!?