KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Sunday 15 January 2012

WAAR WAS PA??

Wat het pa bedoel toe pa uit volle bors gesing het: “Dat die erwe van ons vaad're vir ans kinders erwe bly."

Wat het pa met my land gedoen? Het pa dan niks gedoen nie? Of kan pa nie meer onthou van die vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe vermoor is nie? Of het pa vergeet waarom hulle dood is?

Pa, ons Vader het vir jou ‘n land gegee waar ons volk homself regeer. Wat gee pa vir my - kommunisme?

Pa, jy mag ons geskiedenis nooit vergeet nie, want dan verloor ons ons idendtiteit, ons eie toekoms en ons verlede. Dit lyk my pa wil my vertel dat ek die verlede moet vergeet en weggooi.

Dit is baie maklik vir 'n groodmens om 'n kind aan sy lot oor te laat. Pa het die voorreg gehad om tussen pa se eie mense op die skoolbanke te sit en deur pa se eie mense onderrig te word. Wat gee pa vir my?

Mag ons vergeet, pa? Mag ons die stryd van ons voorouers in die wind gooi?

Nooit, pa, nooit! Ek wil my land hê wat by Bloedrivier afgebid is!

Ek sal veg pa, in die stryd sodat ek eendag vir my kinders kan sê: "Hier is vir jou 'n land wat God beloof het waarvoor ek gestry en geveg het - wat my pa vir my in chaos gelos het." Dan sal ek uit volle bors kan sing: "Kent gij dat volk vol heldenmoed ..." - en ek sal nooit, nooit vergeet nie!

Mag die Boervolk nooit sterf nie, want die Boerevolk sal nie sterf as ons daarvoor veg nie.