KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Saturday 14 January 2012

'EK`S LIEF VIR JOU".


Modimolle (Nylstroom). – “Ek is deur twee en ’n half uur van onbeskryflike
 pyn, maar niks sal ooit kan vergelyk met die pyn waardeur ek is toe ek
 my kind se angskrete gehoor het terwyl hy drie keer geskiet is nie.”

Só het me. Ina Bonnette (42), ma van Conrad (19), wat glo deur mnr. 
Johan Kotzé (50) doodgeskiet is, aan Die Pos, ’n plaaslike koerant in
 Bela-Bela (Warmbad), vertel.

Nadat Kotzé na bewering drie mans gedwing het om haar te verkrag,
 haar seun doodgeskiet en haar twee uur lank gemartel en gru-dade
 met haar gepleeg het, het hy glo langs haar op die bed gaan lê en 
vir haar gesê: “Ounooi, jy het geen idee hoe lief ek vir jou is nie”, 
het Bonnette, volgens Huisgenoot, gesê.

Kotzé het gister in die landdroshof in Modimolle op 17 aanklagte,
 waaronder moord, poging tot moord en sewe van verkragting verskyn.

Een van sy vervreemde vrou se vermeende verkragters het saam 
met hom verskyn, terwyl ’n tweede man gisteroggend vasgetrek is.

Conrad is sowat ’n uur ná dié hofverskyning in Bela-Bela begrawe.

Tydens die begrafnis kon ’n mens sien dit is seer vir me. Bonnette
 om te beweeg. Sy moes opgehelp word as sy wou staan.

Me. Bonnette, wat weer haar ou van aangeneem het, het toestemming
 gegee dat sy geïdentifiseer mag word.

Me. Bonnette se wonde genees goed, maar dit sal, volgens haar, ’n ruk
 vat voordat sy heeltemal herstel het.

Sy het plastiese chirurgie ondergaan om skade aan haar borste en
 inwendige beserings te herstel en kry ook antiretrovirale behandeling
 weens die gevaar van MIV/vigs ná die verkragtings.

“Ek is nou ’n halwe vrou. Ek sal nooit weer in iemand kan belangstel nie,
” het sy aan Huisgenoot gesê.

Bonnette is op die dag van die aanval glo deur Kotzé na sy huurhuis 
gelok waar sy in die huis na bewering beurtelings deur die drie mans
 verkrag is.

Daarna het Kotzé met sy beweerde marteldade met onder meer ’n tang,
 fonduevurk en ’n stuk gereedskap begin.

Ná dié marteling het Kotzé glo vir Conrad, wat inligtingstegnologie aan 
die Universiteit van Pretoria studeer het, onder valse voorwendsels na
 die huis laat kom waar hy hom na bewering doodgeskiet het.

“Soveel pyn ... ek dink ’n mens kan die trauma van erge pyn oorleef,
 maar ek weet nie of ’n mens ooit kan herstel van die pyn wanneer jy 
hoor hoe jou kind pleit om sy lewe en dan doodgeskiet word nie,”
 het Bonnette, versekeringsmakelaar by PSG Konsult in Modimolle,
 aan Die Pos gesê.

“Conrad het by hom gepleit: ‘Nee, oom moet my asseblief nie skiet nie.’

“Hy is eers in sy een been geskiet. Conrad het toe gesê: ­‘Asseblief,
 oom, moenie, moenie ...’ en daarna is hy in sy bors geskiet.”

Conrad het op die plankvloer in die slaapkamer, langs die kamer
 waar sy ma vasgebind was, neergeval.

Kotzé het hom toe glo in die agterkop geskiet. Daarna was alles stil.

“My liggaam is deur soveel skokke. Die werklikheid van wat ek deur
 is, het nog steeds nie tot my deurgedring nie. Die pyn was intens,
 ek het met tye afgeskakel, maar daar was ook tye wat ek gehoop
 het sy vinger gly op die vuurwapen se sneller,” het me. Bonnette gesê.

“Ek het heeltyd gebid.”

Lt.kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê 
die polisie is nog op soek na een verdagte.

Uit die begrafnisbrief
Liefste Boeta
Mamma se woorde is op. Die woordjie berou het ’n diep betekenis
 wat met tye reggestel kan word, maar die hartseer en verlange na
 jou is ’n ewigheid. Jy is my lieflingseun wat altyd onthou sal word.
 Berei ’n mooi blom­mebedding voor waar jy is, dit sal die plekkie vir
 ons herontmoeting wees, my kind.
Jy sal altyd onthou word en verseker gemis word.
Baie Liefde
Mamma

MY HART EN GEBEDE GAAN UIT NA HIERDIE VROU, MAG GOD JOU 
WONDE GENEES. DIS MOEILIK EN DIT IS N LANG PAD WAT JY GAAN 
STAP. HOU VAS AAN ONS HEMELSE VADER.