KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Thursday 19 January 2012

PROJEK "GENESIS."




 KVB bestuur wil eerstens al sy lede,  vriende, lesers en hulle gesinne ‘n voorspoedige nuwe jaar toewens. Ons hoop en wens – is dat die jaar 2012 ‘n waterskeidingjaar gaan wees waar die Boerevolk sy regmatige plek in die land weer sal terugwen- welke op politieke vlak- of welke in ‘n bevrydingstryd.


 Soos ons volk al reeds teen die tyd van kennis dra- het die kommunistiese ANC regime reeds vroeg met die aanvang van die jaar die blankes laat weet wat sy intensies met die blanke bevolking vir die toekoms is. Die eerste salvos is in die rigting van die Boerevolk gevuur deur sy voornemende wetgewing om alle blanke vrouens ook nou te demoniseer en uit te sluit uit die werks mileu uit. Hierdie drakoniese wet word deurlopend aangeprys en besing deur die swart rassistiese ekstrimiste as ‘n mylpaal- om soos hulle dit stel- die Boerevolk “ vir eens en vir altyd in die asblik van vergetelheid” te plaas.

 Die Boerevolk kan die jaar van 2012 dus ‘n fel aanslag van die rassistiese en nepotistiese kommuniste in beheer verwag- nie slegs op ekonomiese en welsynsvlak nie- maar ook tov tersiere onderrig en loopbaangerigte studies. Die hartseer en ironie van die saak is dat baie van ons volk se kinders verdere geleerdheid ontse word deur juis wit hanskakie Afrikaners wat punte by die vyand wil slaan- en by keuringsprosesse in Universiteite en kolleges betrokke  is .

KVB is in die proses om “Projek Genesis” te loods- waar ons van al ons Boeremense gaan bystand en hulp vra om sentrums te skep waar werklose Boeremense kan inskakel- en in die vervaardiging sektor betrokke raak. Hierdie sentrums sal produksie sentrums wees waar kontrakte in die private sektor verkry word- en die sentrums die vervaardiging van die kommoditeite sal handteer. Winste  wat gegenereer word deur die sentrums sal- behalwe vir salarisse- aangewend word om die sentrums verder uit te brei en meer besigheids geleenthede te skep. Hierdie is die enigste manier denkbaar om weer ons volk in die werksmark te kry aan die een kant,  fondse te genereer om ons as volk se doelwitte ter wille van finansiele oorlewing en self onderhoud te verseker- en ons as volk weer sy verlore identiteit en selfvertroue te help herinstalleer aan die ander kant.

Daar is onder vele ander Boere organisasies dieselfde nood en tendens- en daar gaan onderhandel moet word tussen al die Boeregroepe om hierdie projekte op massaskaal saam te laat almageer. Daar is ‘n groot behoefte onder ons mense na werk- en die drakoniese regime sal alles in sy vermoe doen om die Boer/Blanke in Suid-Afrika te stuit om te oorleef. Daar gaan ‘n tyd kom dat die Boer die wapen sal moet opneem ter wille van ons nageslag se oorlewing- die is nie altemit nie en die tyd kom haas nader-maar ons as Boervolk sal eers op die meer diplomatiese wyse probeer ons mense akkomodeer waar daar ten hemele teen hulle deur nie net die ANC regime nie- maar die internasionale (lees liberale blanke) -wereld gediskrimineer word op grond van ons herkoms.

 KVB doen ook dan hiermee ‘n beroep op diegene wat plase , kleinhoewes en geboue besit en dit kan bekostig - om ons te laat weet wie stel daarin belang om van hulle grond beskikbaar te stel vir die oprigting van genoemde sentrums. Elke sentrum het nie meer as 500 vk2m nodig nie. Indien daar wel boere is wat geboue op hulle plase/kleinhoewes het wat hulle nie tans gebruik nie- of u weet van mense wat geboue het wat hulle nie gebruik nie- sal ons dit waardeer indien u met KVB in kontak kan kom.

Verder doen KVB 'n ernstige beroep op skenkers wat belang stel om te help met donasies om gereedskap, masjinerie en materiale te koop om die sentrums te kan inrig. Lede wat belang stel om die sentrums namens KVB op die grond te help bedryf- kan KVB ook kontak- dit sal waardeer word.

 Hierdie versoek is nie net van kardinale belang vir ons volksgenote wat daagliks uit die werksmark geforseer word nie- maar dit gaan ‘n bittere oorlewingstryd word vir almal wat in die blanke kontingent val. Selfs ons Boeregemeenskap gaan getref word deurdat die regime gaan wette proklameer wat maatskappye verbied om by blanke plaasboere gewasse aan te koop. KVB vra aan almal wat dit nog op die oomblik kan bekostig- om u mede volksgenote te help. Daar is baie boere en grond-eienaars wat nie al hulle grond/geboue benut nie- en om slegs ‘n klein deeltjie van u onbenutte grond beskikbaar te stel vir ons mense- verseker u dalk u eie voortbestaan deurdat juis die sentrums u gaan bystaan indien toekomstige wetgewing u gaan verhoed om u eie produkte aan die mark te verskaf.

KVB is nie ‘n organisasie wat glo aan “welsynsgevalle” nie. KVB glo eerder om verontregde lede van ons volk weer op hulle voete te plaas- en dus so gou moontlik weer produktief ‘n bydrae te lewer aan die volk se voortbestaan. Deur aaneenlopende “donasies” aan mense te gee- word daar slegs ‘n baie bose president van parasitisme geskep wat op die einde van die dag- in plakkerskampe eindig en die volk se kans op oorlewing net gaan belemmer. KVB sal wel weer ‘n skrywe in die verband aan al sy lede stuur- en vra dat u asb u bydrae vir ‘n gemeenskaplike saak sal maak. U insae in die verband sal ook waardeer word.

 KVB se forum- die nuwe een- is nou op-lyn- en die bestuur van KVB vra ieder-en-elke lid wat hier lees  om asseblief te begin aktief raak in ons volk se projekte- en die forum te besoek en deel van ons te wees. Mense kan ook nou registreer op die forum- en KVB vra al sy besoekers om meer mense te oorreed om te registreer. Daar is tans geen erkende blanke organisasie- veral in die Kaap Provinsie- wat gerat is om mense te hulp te snel in tyd van nood anders as die KVB nie.

Die forum kan hier besigtig word: http://www.kvb.za.org/forum/index.php - soos onder die banier aangetoon.

. Laastens is KVB in die proses om ‘n eie elektroniese koerant op die been te bring. Die KVB NUUSBLAD is slegs die voorloper van die elektroniese koerant. KVB is dringend opsoek na lede of besoekers wat bereid sal wees om as korrespondente regoor die land asook internasionaal op te tree- en plasings in die koerant te doen op ‘n weeklikse basis. Die hoofstroom media is die Boer- soos u weet- glad nie goedgesind nie- en plaas uiters selektiewe beriggewing om die ANC regime te bevoordeel in hulle sienings. KVB poog om met hierdie koerant- die blanke in Suid-Afrika te verteenwoordig en juis daardie beriggewings te plaas wat die hoofstroom media oor gesnoer word- en nepotisties nie sal plaas nie.

Die tipe Boere koerante is ons manier om ons stem te laat hoor. Omrede die hoofstroom media se papier gedrukte koerantverkope erg daal- wend die liberale media hul meer-en-meer na die elektroniese medium. Juis HIER het ons as blankes dieselfde geleentheid om die verdraaide beriggewings teen te staan omrede die elektroniese kuberveld almal 'n gelyke speelveld gee- en ons as blankes NET so hard kan terugslaan en die liberale media aanvat op hul eie speelveld....en hulle eensydige beriggewing teenstaan met ons eie feite.

Dit gaan ons taak wees om alle blankes weg te rokkel van die liberalistiese propaganda veldtogte af- en hulle terug te bring na hul eie mense toe. Die media is 'n kragtige instrument- en vir TE lank het die liberale media in Suid-Afrika en elders die bo-toon gevoer en ons mense en ons oorsese vriende siek gemaak met hulle leuns en propaganda. Hulle het ook ons saak- en die werklike omgang van gebeure in Suid-Afrika -verdoesel en die blanke in Suid-Afrika swart gesmeer as die muishond van die wereld.

NOU is u kans om baie hard terug te veg- en die wereld daar buite die waarheid te vertel.  Om dit te kan doen- het ons 'n sterk span nodig- en om die rede vra ons almal wat betrokke wil raak- om nou die kans aan te gryp- en hulle deel vir hulle nasie te doen. Enig-iemand wat belang stel- kan KVB per e-pos laat weet by dievolgende e-pos: KVB Navrae: navrae@kvb.za.org

U samerwerking in die verband word hoog op prys gestel.- en u besoeke aan die KVB NUUSBLAD word hoog op prys gestel.

Baie dankie vir u gereelde besoeke hier.

KVB HOOFBESTUUR