KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Wednesday 4 January 2012

`VERKRAG MY VROU`.

WEES ASB OP DIE UITKYK VIR HIERDIE VARK!!!


’N Man van Modimolle (Nylstroom) het glo gisteraand drie van sy eie
 werknemers met ’n geweer gedwing om sy vervreemde vrou te verkrag
 en haar borste gedeeltelik af te sny, terwyl hy glo self hul 19-jarige 
seun doodgeskiet het.

Die 51-jarige man en drie van sy werknemers het na bewering omstreeks 19:00
 by die vrou se huis ingebars, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van 
polisie in Limpopo, gesê.

Die vrou is hardhandig in haar kamer gedwing en op die bed vasgemaak,
 waarna die drie werknemers met ’n .22 gedwing is om haar te verkrag.

Volgens Mulaudzi het die vrou ook verskeie steek- en snymerke aan haar borste 
gehad. Dit wil voorkom asof die aanvallers besig was om haar borste te probeer
 afsny.

“Die geraas het die aandag van haar 19-jarige seun, ’n student aan die 
Universiteit van Pretoria, getrek.

“Toe hy by die kamer inloop, het (die man) hom sonder uitlokking met die .22 in
 die kop geskiet. Hy is op die toneel dood gevind.”

Die pa het daarna gevlug.

“Hy is steeds gewapen en die rigting waarin hy gevlug het is onseker.”
Die polisie is op soek na die man, wat laas in ’n wit Toyota Fortuner met die
 registrasienommer DCS 392 FS gesien is.  

Die drie werknemers het ook gevlug en niemand is nog aangekeer nie.

Enigeen met inligting moet brig. Mabisela Mohale by 082 565 8606 bel. 
Volgens dr. Johan Jansen van Rensburg, wat die vrou behandel,
 het gesê sy is onder omstandighede stabiel en in 'n plek van veiligheid.
"Haar dogter is ook veilig. Haar ouers staan haar by en die gemeenskap
 van Modimolle dra haar."