KVB SEKURITEITS STATUS

KVB SEKURITEITS STATUS

BOERLAND OR WASTELAND

BOERLAND OR WASTELAND

KVB NOTIFICATION

Total Pageviews

Sunday 22 January 2012

NUWE AFRIKAANSE KOLLEGE GEOPEN

Akademia geopen
Goeie onderrig in Afrikaans – vakbond

Alet Rademeyer

Akademia, die vakbond Solidariteit se nuwe Afrikaanse hoëronderwys­instelling, het sy deure gister geopen.
Akademia begin met vier onderrigprogramme (drie ser­tifikaatkursusse en ’n diplomakursus).
Die sertifikaatkursusse is in kantooradministrasie, gemeenskapsontwikkeling en rekeningkunde en strek oor ’n jaar.
Die diplomakursus is in kleinsake­bestuur en entrepreneurskap en strek oor drie jaar.
Akademia werk op ’n afstandonderrigmodel met verpligte klasbywoning, interaktiewe klasse en toegang tot elektroniese biblioteke met bygewerkte studiemateriaal en artikels.
Mnr. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het gesê ’n instelling soos Akademia het noodsaaklik geword omdat die aanbod van Afrikaanse hoër onderwys die afgelope 20 jaar drasties gekrimp het. “Van die sowat tien Afrikaanse technikons en 150 Afrikaanse beroepskolleges wat voor 1990 bestaan het, het nie een oorgebly nie.”
Sowat 200 000 jongmense kan jaarliks nie ’n leertuiste kry nie, al kwalifiseer hulle daarvoor.
Buys het gesê met Akademia wil Solidariteit aan Afrikaanse studente toegang tot hoër onderwys van goeie gehalte in hul moedertaal gee.
Akademia gaan op die vlak van universiteite funksioneer en is by die departement van hoër onderwys en opleiding geregistreer en geakkrediteer.
Mnr. Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, het gesê die krag van die Akademia-model is dat dit bekostigbaar gaan wees en leersentrums in enige gemeenskap gevestig kan word.
Om vir ’n sertifikaat te studeer kos sowat R15 000, terwyl ’n student se koste vir die diploma in die eerste jaar R17 500 beloop.
Hoewel van studente verwag word om onafhanklik te studeer, is begeleiding en ondersteuning vir die instelling baie belangrik.
Die eerste leersentrums is in Centurion, die Pretoria-Moot, Vanderbijlpark en aan die Oos- en die Wes-Rand gevestig.
Klasse sal nauurs aangebied word om werkende mense tegemoet te kom.
Me. Jorese Pelser, die eerste student, het gister vir die sertifikaatkursus in kantooradministrasie ingeskryf. Sy werk al en meen die kwalifikasie sal haar kans op bevordering verbeter.
Belangstellendes kan van 6 tot 11 Februarie registreer.

Meer inligting is op www.­akademia.ac.za beskikbaar.